09 Junie 2014

SA betree 'n moeilike tyd 19/5/2011

Ek staan saam met Jesus weer in hierdie donkerplek maar hierdie keer is Jesus by my, Hy trek my styf teen Hom en is baie beskermend teenoor my. My beskermengel staan ook baie naby aan my, ek voel veilig maar is bewus dat daar in die donkerte om my dinge aangaan waarvan ek glad nie bewus is nie.  Nou staan ek in die hemel, Jesus staan voor 3 kandelare en elkeen het ‘n groot dik kers op wat brand.  Jesus gaan staan voor die eerste kandelaar en blaas sy vlammetjie dood, as Hy die vlam blaas sien ek Nelson Mandela in die kandelaar.  Jesus gaan staan voor die tweede kandelaar en Jacob Zuma se beeld word duidelik en dan beweeg Jesus na die derde kandelaar en die beeld van Julius Malema kom daarin voor maar hulle vlamme word nie uitgeblaas nie.

Ons gaan nou in ‘n baie moeilike donker tyd van ons land in beweeg maar as God aan jou sy staan het jy niks te vrees nie. 
Lees ook onder vorige profesieë :Politieke openbarings oor SA

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking