23 Junie 2014

Hoekom ons water vrot

Ek dreig al lank om hierdie met julle te deel, dit kom uit vorige profetiese woord wat ek hier saamvat om te verstaan hoekom ons water in die land in so toestand is. 

  • Niemand sal standhou as hy nie in geloof staan nie.     ...Hoekom het ons geloof vandag so min geword, waar is ons vasstaan in God heen.
  • Sonder leiding en die regte raadgewers kom ‘n volk tot ‘n val.     ....Hoekom laat God toe dat hierdie dinge gebeur?
  • Waarom het die land te gronde gegaan? Omdat die land God se wette verlaat het en agter ander gode aangegaan het.  ....Draai terug SA.... Om net 'n bietjie agtergrond te gee oor waar hierdie vandaan kom: Die wet wat op die land vandag betrekking het, is JESUS CHRISTUS, omdat dit die eerbiediging van die beginsels van goddelike liefde vereis. Ongelukkig is daar Christene wat nie hierdie oorgang na die nuwe bedeling wil maak nie en wat terugval  om die OT wette te onderhou - Hou op om afgod van wette te maak en verstaan dat jy nie meer onder die wet is nie, maar onder God se genade, en dat “Christus die einde is van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo” (Rom. 6:14; 10:4) Die oningeligte Christene wil terug beweeg na die OT wette, omdat dit volgens hulle die samevatting van God se opdragte is. Hulle gaan selfs verder en eerbiedig ook seremoniële wette soos die OT sabbat en Joodse feeste, ten spyte daarvan dat hierdie feeste almal in Christus vervul is en dus in die huidige bedeling uitgedien geraak het (Kol. 2:16-17; Gal. 4:9-11) Alle verwysings na die gebooie van God in die Nuwe Testament vloei slegs uit een basiese gebod voort, en dit is om mekaar lief te hê  - 1 Tim. 1:5-11. Moenie ander gode en ander wette volg nie, volg alleenlik Jesus ons verlosser.
  • Dit is hoekom ons nou wilde als kou en bitter water drink en ons kinders verstrooi word oor die wereld.   
  • Een teregwysing bereik meer by ‘n verstandige mens as 100 houe oor die rug van ‘n dwaas.    ....Mense sien hierdie dinge gebeur maar nogstees glo hul nie.
  • Dwase dink net aan GEWELD. Hulle praat net daaroor, en hoe om moeilikheid te maak. Dit is hoekom ons riviere en kanale se water sleg ruik en opdroog, dit is hoekom ons riete en biesies verlep.   ... Mense sal eerder oplossings vind deur geweld en ophitsing as om dit uit te sorteer met gesprekvoering.

1 opmerking:

  1. God wil glad nie hê dat daar weg gedoen moet word met die 10 gebooie nie, die riglyne is nogsteeds op ons vandag van toepassing, soos wat Jesus dit vir ons uitlig in Mat 19:18 Jesus het vir hom gesê: “Jy mag nie iemand doodmaak nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie oor ander mense lieg nie, jy moet jou ouers respekteer,”
    en “jy moet lief wees vir jou naaste .............. wat die probleem is hoekom God bekommerd is oor ons volk is omdat die daar geweldig baie mense terugval op ou wettiese gebruike van Israel (die Joodse geloof) en hulle skyf Jesus heeltemal uit .... gaan lees oor die sogenaamde Israel visie en julle sal verstaan wat hier bedoel word. Maar dit is nie net hierdie groep mense wat die probleem tot ons water skep nie, die ander sondes word ook hier uitgelig, die wettiese sonde is net een deel hiervan.
    soos jy lief is vir jouself.”

    AntwoordVee uit