18 Mei 2014

VERSKIL TUSSEN PSYCHIC, MEDIUM EN PROFEET

Alles wat bo-natuurlik gebeur vandag word nie meer toegeskryf as Gods wonders nie maar eerder as universele magte wat by mense teenwoordig is.
Die verskil lê in Jesus Christus.  Baie mense glo dat jy gebore word met psychic vermoëns maar eintlik is dit net ‘n manier om die psychic se vaardighede goed te kan praat om hulle vermoëns geloofwaardigheid te gee.  Wanneer Christene glo dat psychic verskynsels ‘n ingebore gawe is net soos die gawes wat die Gees kom gee, het hulle gevaarlik naby gekom aan misleiding, wat hierdie mense dan glo is dat jy nie die Heilige Gees nodig het om hierdie bo-natuurlike dinge in God te kan beleef nie en dat mense net onkundig is hoe om dit te kan beheer.  M.a.w. die gawes wat die Bybel van praat word dan afgemaak as alledaagse natuurlike vermoëns en nie gawes wat God skenk nie.

Om die verskil te verstaan tussen hierdie groepe moet ons kyk watter verskille is daar tussen paranormale vermoens:

a.    MEDIUMS: Dien as kanale vir kommunikasie met die ander kant, afgestorwenes. Hulle kan intern of ekstern die demone waarneem. Verskillende maniere word hier gebruik, naamlik:


  • Om in ‘n trans te gaan (‘n demoon neem die liggaam van die persoon oor en kommunikeer deur die stem). 
  • Ligte staat van oorgawe – Hulle ontvang inligting via ‘n demoon maar is tenvolle by hul bewussyn, is die mees algemeenste in gebruik. Hier kan ook voorwerpe soos kaarte of kristal balle gebruik word. 
  • Reiki – Hande oplê, genesing waar demonies energie deur die persoon vloei na die ontvanger toe.  

b.    PSYCHIC'S: Doen besigtiging deur voorwerpe en maak voorspellings daar deur, hulle maak nie kontak met geeste van die ander kant nie behalwe as hulle ook optree as mediums.  Verskillende Psychic’s:
  • Clairaudience – (Helderhoorendheid) ekstra sensitief met klank, maar wanneer hulle optree as mediums kan hulle fisies geeste hoor met hul gesels, kan ook klank optel deur meditasie.
  • Clairvoyance – (Heldersiende) bonatuurlike inligting ontvang deur sig. (Soos einskap van 'n siener).
  • Clairsentience – Werk op instink, gevoel. Bonatuurlike inligting ontvang deur gevoel of bewuswording, maar as hul optree as mediums kan hul ook geeste se emosies waarneem. Die sogenaamde sesde sintuig gee hul ‘n sterk vermoë vir onderskeiding.
  • Clairscent – bonatuurlike prikkeling deur reuk. Hulle kan ‘n sekere reuk soos byvoorbeeld tabak optel wat dan deurgegee word na die kliënt en word ‘n spesifieke dooie persoon daarmee geassosieer.

Ek wil dit net duidelik maak dat hierdie vermoëns ook by profetiese mense kan voorkom en dat die fyn lyn getrek moet word tussen wie die Gewer van die gawe of vermoë is.  Die verskillende tipe profete word in punt 6 breedvoerig bespreek.

VERMOëNS WAT SATAN GEE   
  • Mense word vandag so om die bos gelei dat selfs Christene nie meer die verskil kan sien tussen goeie of slegte geestelike dimensies nie.  Alles wat bo-natuurlik gebeur vandag word nie meer toegeskryf as Gods wonders nie maar eerder as universele magte wat by mense teenwoordig is.  Geen eer kom God toe nie.  
  • Psychic’s maak jou bewus van die ander realitietsdimensies wat vir jou of vir hulle toegang gee tot die paranormale vermoëns.    
  • Die doel van die psychic is om jou invoeling met jouself te bring.    
  • Die psychic bring jou in kontak met hulle of jou vermoëns.   
  • Psychic’s werk deur voorwerpe. Hierdie voorwerpe is ‘n addisionele middel vir akkurate lesings en mense voel meer op hul gemak om visuele dinge te sien voor hulle as om net deur geeste te kommunikeer. Wanneer mediums hierdie middele gebruik gee dit aan hulle innerlike konneksie met sy persoonlike gees. Die Voorwerpe wat gebruik word is simbolies van die onbekende kennis en hierdie simbole moet nogsteeds geïnterpreteer word via ‘n bonatuurlike mag.    
  • Voorwerpe wat Psychic’s gebruik:  Astrologie, Tarot kaarte, kristal balle, handpalm lesing, I-Ching (Yin – Yang), teeblare, Ouija borde, Feng-shui (wind- water) Deur die gebruik van hierdie items kan ons sien dat mense visueel dinge moet sien voordat hulle dit sal glo. M.a.w. Satan gebruik visuele items om vir mediums lesings makliker te maak sowel as vir die kliënt.  

GAWES WAT DIE HEILIGE GEES


  • Wonderwerke en bo-natuurlike vermoëns is ‘n gawe van die HG wat aan mense geskenk word maar word vandag omtrent heeltemal verwerp omdat dit toegeskryf word aan psychic verksynsels.
  • Profete aan die anderkant maak ook gebruik van paranormale vermoëns maar hulle bring jou in direkte kontak met God.
  • Die doel van die profeet is om jou in kontak te bring met die Een wat jou ken.
  • Die ware gawe van ‘n profeet is om die persoon in ‘n verhouding te bring met God en om Jesus se vermoëns te wys.

  • Die rol van profeet word in die Christelike geloof erken alleenlik om Christelike waardes uit te leef.
  • Die middel wat God profete gee om te gebruik is die Bybel. En die Gees wat die woord van wysheid bring om hierdie interpretasies te kan doen, is die Heilige Gees.  
  • Die visuele voorwerp wat deur God gebruik word is die Bybel.

Baie psychic’s sal redeneer dat hulle vermoëns van God kom want hoe anders sal hulle die dinge kan sien wat hulle sien.  Die vrae wat jy moet vra is: Wat se eer gee hulle aan God, gaan hulle in gebed voordat hulle enige openbarings bring en wie is die Alfa en Omega in hulle lewe?  As Jesus nêrens in hulle gesprek met jou voorkom nie, staan op en loop weg.

3 opmerkings:

  1. Wat is hierdie gevoel wat ek kry voor iemand bekend aan my te sterwe kom? Ek raak bang en benoud. Voel ek kan vlug. Party keer duur dit n dag of 2. Nou weer n volle week geduur. Sodra ek hoor wie is dood, verdwyn gevoel. Het al van ander mense gehoor wie dieselfde ondervindings gehad het. Jy is eintlik bly as die persoon dood is en jy weer "reg" voel.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Vra vir God as die gevoelens van Hom af kom dat Hy jou leiding sal gee om die gawe te ondek maar as dit nie van Hom is nie dat Hy dit sal stop en dat dit glad nie meer met jou sal gebeur nie.

      Vee uit
  2. Hoekom vra mediums en psychics geld as hul weet dis Verkeerd in die Here Se oe

    AntwoordVee uit