Bly leef in die waarheid |
En wat is fout met jou, jy wat sê jy is ‘n christen maar dan dwaal jou oë op die internet na walglike sekspraatjies en webwerwe heen, jy verlustig jou in pornografiese tydskrifte en jy mis nie ‘n program wat hierdie dade aanbied met die sappigheid waarna jy uitsien nie. Jy sê jy is ‘n kind van God, aag spaar my die sedelikheid. Het jy nog niks geleer nie, wat het jou ouers jou vertel van die Bybel, wat is dit wat die onderwysers jou probeer leer het van God , as jy opgelet het sou jy dalk al begin verstaan het hoe hierdie dinge werk. As jy vandag op jou ouderdom nog nie besef het dat God sonde tugtig nie sal jy dit nooit besef nie.
Ja ek praat met jou, jou slapgat, trek op daai broek van jou en maak jou rits toe, jou vrou en kind wag vir jou by die huis. En mevrou moenie dink jy is so onskuldig nie jy is gans en al te hoogmoedig, een van DIE grootste euwels wat God haat is jou hoogmoed, jy wat dink jy het niemand nodig nie, jy wat dink jy is te goed om ander mense te help, jou rykdom is niks werd in die Hemel nie, jou geld kan jy maar rondgooi soos jy wil maar wie het jou daardie rykdom gegee, gee jy Hom die eer daarvoor of dink jy, jy het dit alles self bekom. Ek het nuus vir jou, neus-in-die-lig-diva, God gaan jou kom beproef met armoede totdat jy kan leer om jou geld te kan hanteer.
En van jou wil ek nie eers praat nie, jy wat nie ‘n sin kan voltooi sonder dat daar nie ‘n leuen in versteek is nie, jy is om die minste te sê walglik, oneerlik, wie se respek verdien jy. Jy lieg en sê nee dit kan nie want ek het iets anders aan!... Want iets het voorgeval!... die wekker het nie afgegaan nie!... ek is siek vandag as ek beter is sal ek môre weer kom werk!...en jy regverdig hierdie leuens met die feit dat dit net wit is? hoekom soek jy na onwaarhede, jy is ‘n euwel voor God, as jy oor die klein goedjies in die lewe so lieg hoe kan mense jou glo om oor die dinge wat saak maak die waarheid te praat. Jy noem dit wat: “’n Witleuentjie” Jy lieg my vriend en God hoor jou. Kom maar eendag in die Hemel en dan sê jy vir God jy het nie van beter geweet nie dan sal ons sien wat is die oordeel op jou leuens wat jy verbloem met kleur. Dis as gevolg van ons verkeerde denke wat ons in hierdie gemors sit en ons dra die gevolge daarvan.
Kom ek gee dit vir jou vanaf God af.....
1. “Ek sal julle nutteloos maak”... Mmmm, jy dink dit is glad nie so ‘n hewige tugtiging van God af nie nè, nutteloos – al jou harde werk sal niks beteken nie, al jou geleerdheid sal vir jou nêrens bring nie, jy sal vir die samelewing niks kan bied nie, alles wat ons probeer aanpak kom tot niks, die deure sal bly en bly toegaan vir ons.
2. “Dronkenskap sal deel van julle samelewing word”... Statistieke spreek boekdele.
3. “Ek sal julle verpletter”... en hoe is ons nie al verpletter nie, as ons maar eerder gebly het om net U volk te kon gewees het, as ons maar eerder net ons roem en eer na U toe gebring het, as ons maar eerder dankbaar was oor ons rykdom voor U, maar ons het gekies om nie te luister nie.
4. “Ek sal julle mense verstooi oor die wêreld”... Mense roem vandag daarop dat hulle kinders in die buiteland sit, asof dit goed is dat hulle kinders in die vreemde sit, families word uitmekaar geskeur, verlange word ondraaglik, oumas en oupas word ontneem van die voorreg van hul kleinkinders. Ons volk word verstrooi nie omdat dit ‘n voorreg is om oorsee te kan gaan nie maar omdat God ons tugtig.
5. “Jou trotse besittings sal weggeneem word”... Jy staan trots terug en kyk oor die land en sien jou skapies wat meer word en hoe gesond hulle is, die volgende dag het mense vanuit die noorde gekom en van dit kom steel en weer en weer en weer. Jou kar wat jy met trots bewonder wanneer jy hom was, is môre oggend in ‘n skrootwerf besig om opgekap te word.
6. “Mense sal oor jou aangestel word wat jy geleer het, jou ondergeskiktes sal oor jou regeer”... Hoe pynlik is hierdie nie vir ons om aan te kou nie, dis voorwaar ‘n bitter pil om te sluk. Los jou skeinheilige christen praatjies Jesus het jou beter geleer as dit, word wakker!! Jou ewige lewe hang af van jou geloof, jou veroordeling hang af van wat jy nou doen en jou pyn en lyding hang af van God se genade. Maak erns met jou gebed en moenie God se aangesig net kom soek wanneer jy in nood is of wanneer jy iets nodig het nie.
Mooi saamgevat. Lees ook gerus: http://herbergbulletin.blogspot.com/2014/05/die-laaste-deel-van-die-evangelie.html - Suid-Afrika is die laaste land wat in die oond ingaan, maar sal ook as eerste weer uitkom. ek seën jou in die Naam van die Ewige Lewe. ek sal jou sien in die nuwe Jerusalem.
AntwoordVee uitAquarie, jou seën is so welkom, ek voel hoe spoel dit oor my gees, baie dankie. Sien jou in Jerusalem, sal kom met 'n bos sonneblomme!!
Vee uitah! ja met ook 'n cupcake daarby :) jy is 15 jaar oud in die gees :) jy het vir my twee cupcakes wat oor gebly het, aangebied, 'n sjokolade een en een wit ene, nadat jy orals rond gegaan het en cupcakes aan die ander gaste uit gedeel het. ek sê toe vir jou om hulle in die helfte te sny, sodat jy ook 'n helfte van die sjokolade ene en 'n helfte van die wit ene sal hê.
AntwoordVee uitJonk en onskuldig... hoe wonderlik om te weet dat ons kan deel in dit wat vir my kosbaar is.
Vee uit