Voor ek die visoen met julle deel
wil ek net duidelik maak dat ek nog nooit in Jerusalem was nie, ek weet glad
nie hoe lyk die omliggende dele of hoe die plekke daar inmekaar pas nie. Ek het geen kennis van die mensgemaakte
strukture of landelike omgewing nie. Dit wat God vir my gebring het, het ek na
die tyd gaan opsoek en het verstom gestaan oor hoe die plekke ooreenkom met dit
wat ek gesien het in visioen.
ONTVANG OOR TYDPERK VAN
23/03/201 – 26/04/2014
Ek het vir ‘n baie lang ruk net
my rooi mantel met spesiale geleenthede gedra maar vanaand het ek om een of
ander rede weer my wit mantel oor my skouers.
Jesus vat my na ‘n fontein toe en ons staan en gesels daar tot ‘n enorme
groot Krag engel by ons aansluit. Jesus
is in ‘n baie goeie luim vanaand, kry so die gevoel iets wonderliks wag op ons.
Ek het al gehoor dat sommige
mense vir Jesus as ‘n baie groot God gesien het en op hierdie oomblik kan ek
skaars my oë
glo toe ek sien waar Hy ewe skielik staan. Hy troon hoog bo-kant my uit, Hy is
so groot soos die Krag engel en hier waar ek staan kyk ek teen Sy enkel
vas. Hulle twee staan en gesels vir ‘n
hele ruk met mekaar en dan buig Jesus af en tel my op dat ek op Sy voorarm sit
wat teen Sy bors gedruk is.
Ons drie beweeg oor die Aarde tot ons by ‘n plek kom wat baie koppies
het, die koppies - of miskien is dit bergreekse wat van hier bo af klein
vertoon - is aanmekaar. So ver as ek kan
sien strek hierdie bruin knobbels die verte in, dit lyk droog en
klipperig. Ons gaan staan stil en kyk in
‘n Noordelike rigting. Ek wonder waar ek
is, ek ken glad nie die plek nie maar instinktief weet ek dat Jesus hierdie
plek baie goed ken. ( Met latere ondersoek het ek gesien dat ons in Judea was)
Judea Woestyn |
Judea Berge |
Judea Wes van Jerusalem |
Ver, ver Noord-oos van ons sak ‘n
tweede Krag (Kosmos) engel neer met nog een wat hom volg Noord-wes van
ons. Die laaste een staan met ‘n boek in
sy hand en as hy die boek oopmaak bring die engel wat in die Ooste staan ‘n
beuel te voorskyn. Hy sit die beuel teen
sy lippe en blaas ‘n klank daaruit wat rillings deur my wese stoot. Die klank weergalm deur die ruimte en ek wil
bars van trots, dis klanke wat mens bly maak dat jy deel van God se Koninkryk
is.
Jesus lig Sy hand en wys ek moet
Noord kyk. ‘n Stofwolk raak sigbaar en
hoe nader hulle kom, hoe meer duideliker word die prentjie voor my. Dis strydwaens wat deur engele bestuur word
en in een van die voorste waens staan my bewaarengel. Jesus stap vorentoe as hulle tot stilstand
gekom het, en tel my in die wa waar my engel staan. Die perde trippel rond,
hulle is gereed vir die stryd, hulle spiere blink en hulle krag wil hulle
vanself vorentoe beur maar die engele hou hulle intoom. Alhoewel daar geen tome of stange aan die
perde is nie word hulle beheer deur die engele.
Die perde kry dan van iewers die
bevel om vorentoe te beweeg en met krag wat soos ‘n koeël uit ‘n wapen gevuur word
spring hulle weg en begin in ‘n Oostelike rigting hardloop. Die perde se spoed en krag is verstommend as
hulle beweeg soos een massa almal op dieselfde missie. Ek staan styf langs my
bewaarengel met die wind wat sterk teen my druk, my hare waai reguit agtertoe en as ek terug kyk sien ek
die stofstreep wat ons agter ons los.
Bokant elke wa is nog ‘n engel wat in die lug beweeg wat my laat wonder
of dit nie hulle is wat die perde beheer nie? Ek weet nie.
Ek staan in een van die voorste
waens maar kom agter dat ons begin spoed verminder sodat daar van die ander
waens by ons verby kom, almal begin dan stadiger beweeg tot ons op ‘n drafstap
is. Die middelste wa begin voor ons uit
beweeg en as hy so ± 30 meter voor ons is, lig hy sy regter hand met ‘n swaard
wat ‘n teken vir almal is om te stop. As
die stof gaan lê kan ek sien dat daar iets op die horison is, dis bitter
ver van ons af maar ek kan sien dat iets die lyne van die horison breek.
‘n Krag engel kom staan dan by
die voorste wa en tree dan alleen vorentoe en kyk uit vir iets. Ek weet nog
steeds nie regtig waar ons is nie, ek ken nie die area nie, dis nie vir my
bekend nie maar die hele tyd maal die woord Jerusalem in my gedagtes.
Die Krag engel kom terug en kniel
op sy een been en gesels met die leier engel.
As hulle vir ‘n ruk woorde gewissel het vlieg die Krag engel weg. Die leier engel klim van sy wa af en kom na
ons toe aangestap en as hy begin praat, rammel sy stem soos donderweer, dit
weergalm oor die linie en almal luister aandagtig na elke woord wat hy sê,
wens so ek kon verstaan wat hy praat. Hy
klim weer op sy wa en almal begin hom volg na die plek op die horison.
As ons nader kom wys die leier
engel met sy swaard na die plek toe. Dis
‘n stad wat voor ons lê, ‘n groot hoë muur is voor ons opgerig met ‘n gebou
wat aan die agterkant uitkom wat ‘n ronde goue koepel het. Jerusalem, Jerusalem spoel die woorde deur my
gedagtes. (Ek was nog nooit bewus van
hierdie koepel gebou in Jerusalem nie en sit verbaas om hierdie einste gebou op
foto’s te sien).
Dome of the Rock |
Stadig begin ons al langs ‘n muur afbeweeg. Dit
voel vir my asof ons in ‘n Noordelike rigting teen die muur beweeg. Ver voor ons tussen berge trek bondels rook
die lug in. Ons is oppad soontoe na die
donker grys wolke en as ons tot stilstand kom ‘n ent daarvan af sien ek dis vuur wat die rook
wolke veroorsaak.
Die leier engel haal sy wa van
die perd af en beweeg alleen met die perd na die vuur toe. Hy klim af en staan eers rond, klap sy perd
op die boud dat hy terug draai na ons toe waar ‘n ander engel weer die perd
ophak by die wa.
Die leier engel staan nou voor
die vuur, ek kyk stip na hom om alles in te neem, na ‘n hele lang ruk tree hy
binne die vuur in. Ek kan sy rugkant sien wat na ons toe wys maar met wie hy
gesels weet ek nie en wat hy daar doen is ook nie vir my duidelik nie. Hy kom uitgestap met sy swaard nogsteeds in
sy hand maar met die verskil dat die swaard nou ‘n brandende vlam is.
Hierdie leier engel moet ‘n
Gerub, Seraf of Troon engel wees want instink sê dat hy met God die Vader gesels het
en dit is hierdie groep engele wat in die onmiddellike teenwoordigheid van God
kan staan.
Hy
kom na ons toe aangestap, klim op sy wa en as ons almal hom volg sien ek hoe sy
kleredrag verander na die blou gevegsdrag wat die Magte engele dra. Ons beweeg al om die stad. ‘n Hoë muur is reg rondom hierdie stad gebou.
(Weereens was ek nie bewus van ‘n muur om Jerusalem nie, ek het geweet dat daar
‘n muur is waarteen mense bid maar nooit geweet dat ‘n muur om die ou deel van
Jerusalem gebou is nie). So ry ons om die stad tot ons weer by die punt
uitgekom het waar ons begin het.
Muur om ou Jerusalem |
Die leier engel klim hier van sy wa af en stap na ‘n
middelpunt so ± 50 meter van ons af en ander engele uit die groep sluit by hom
aan, hulle hou hul swaarde uit na hom toe en as die swaarde raak spoel die vuur oor na elkeen se swaard. Hulle kom terug gestap met die brandende
wapens in hul hande,ek tel vyf en soos
hulle aan kom verander hulle klere ook na die blou gevegsdrag. Hulle neem weer hul plek in bokant die lug
maar net oor die voorste waens.
Groot swaar houtdeure maak regs van ons oop wat lei na die
stad. Die leier engel ry eerste in met die heel linkerkantste engel met sy groep wat volg, so volg elke oorhoofse
engel met sy gelid tot ons almal die
stad in beweeg het. Ek maak deel uit van die heel laaste groep, drie waens
langs mekaar. Die stad is oud,die klippe waarmee die geboue mee gebou is, is
vaal bruin van kleur, maar tog so mooi, selfs die strate is van klip gemaak. So ry ons tot ons by 'n nuwe deel van
Jerusalem kom, ek sien geen lewe nêrens
nie, geen mense, geen diere, niks wat kan spreek dat daar lewe is nie. Die deel
waarin ons nou beweeg het, het teerpaaie,
'n breë
dubbel teerpad met straatligte, selfs huisligte brand maar nogsteeds geen teken van lewe nie.
As ons groep om 'n draai kom staan die voorste linie stil,
wat voor ons lê
voel vir my nie goed nie, ek slaan
hoendervleis uit met 'n vrees wat my benoud maak. Die deel waarin ons staan is
verlig maar voor die deel van die leier
engel, is dit pik donker, ek voel tasbaar die onheil aan wat broei.
Die leier engel klim van sy wa af en stap vorentoe, met sy
swaard in die lug praat hy na die donkerte voor hom. Die verligte deel waarin ons staan is baie groter as die donker
deel voor ons, dis een groot enorme
verligte Jerusalem, maar die donkerkant spreek van boosheid. Ek kyk stip na die
donker en sien dan hoe fakkels binne dit aangesteek word, maar ten spyte
daarvan bly daai deel nogsteeds donker. Die fakkelvlamme word meer en meer, dis
in groepe wat dit brand.
Ons waens kom in beweging en vorm 'n lang verdedigingslyn
voor die donkerte. My bewaarengel laat my
gaan sit in die wa maar my nuuskierigheid kry die oorhand oor my vrees. Ek kom
op my knieë
en kyk oor die rand van die wa.
'n Krag demoon maak sy verskyning op die rand van die
donkerte, hy is baie groot met die engel wat omtrent net tot sy knieë kom. Die demoon is uitdagend en vol van homself. Hy sak af
en hurk op sy een been, gooi sy kop agter toe en lag uit sy keel uit. Die
demoon kan een veeg met sy hand maak en ons almal sal verpletterd wees, maar
hy doen dit nie, hoekom val hulle nie aan nie, wonder ek.
Die demoon draai om en stap weer die donkerte in. Dan staan
grote Jesus weer langs my met die Krag engel
by Hom, Hy tel my op met twee vingers en laat my op Sy hand sit.
Ek wag angstig elke nag om terug te gaan, ek wil die geveg
sien, ek wil sien wat verder gaan gebeur, ek wil my vermoedens bevestig, maar dit gebeur nie. Vir nou is dit al wat
ek toegelaat word om te sien.
- Gaan deursoek die Bybel vir antwoorde, die Heilige Gees sal jou uitbring na dit wat jy oor vrae het, sê God……. Ek vind die antwoord in Sagaria 14. (Die plek waar die finale geveg sal plaasvind)
- 1-3: Die dag van die Here kom. Wat in jou buitgemaak is, Jerusalem, sal binne in jou verdeel word. Ek sal al die nasies bymekaarmaak vir ‘n oorlog teen Jerusalem. Die stad sal ingeneem word, die huise sal geplunder word en die vrouens verkrag word. Die een helfte van die stad se inwoners sal in ballingskap gaan, maar die ander helfte sal nie uit die stad verwyder word nie. Daarna sal die Here teen daardie nasies gaan oorlog maak net soos op die dag toe Hy destyds die oorlog gevoer het. (HIERDIE VEROWERING OOR JERUSALEM KONDIG DIE BEGIN VAN DIE EINDE AAN. DIE NASIES SOU JERUSALEM VERNIETIG MAAR DIE HERE SAL HULLE VERNIETIG).
- 4-5: Daardie dag sal Sy voete op die Olyfberg staan, oos van Jerusalem. Die Olyfberg sal middeldeur skeur en daar sal ‘n groot kloof van oos na wes ontstaan. Een helfte van die berg sal na die noorde toe padgee en die ander helfte suide toe. Julle sal deur die kloof in My berg vlug, want die kloof sal strek tot by Asal. Julle sal vlug soos julle vir die aardbewing gevlug het in die tyd van koning Ussia van Juda. Dan sal die Here my God kom, en al die hemelwesens sal by jou wees. (MAAK JULLE GEREED AS ONS GROTE GOD MET SY VOETE OP DIE OLYFBERG GAAN KOM STAAN, SLEGS DIE GELOWIGES SAL DIE OORDEEL ONTVLUG).
- 6-11: Daardie dag sal daar nie lig wees of koue of ryp nie. ….. daardie dag sal daar ‘n vars stroom water uit Jerusalem vloei. Die Here sal Koning wees….. Jerusalem sal ‘n veilige woonplek wees…. Jerusalem sal gelig word daar waar hy nou is, hy sal hoog lê, (WANNEER EINDTYD NABY IS SAL ALLES ANDERS WORD. NIKS SAL MEER WEES SOOS WAT DIT WAS NIE. GOD SE OORWINNING OOR SY VYANDE IS DIE VOORSPEL TOT DIE GROOT VERANDERINGE WAT GAAN KOM. NAG EN WINTER SAL VERDWYN, DAAR SAL WATER WEES IN ‘N LAND WAT GEKEN WORD VIR SY DROOGTE. GEEN AFGODSAANBIDDERS, JERUSALEM SAL GEëER WORD AS DIE STAD VAN GOD EN DIE FOKUSPUNT WORD VAN DIE HELE WêRELD VIR AANBIDDING. )
- 12-15: Die Here gaan al die volke wat teen Jerusalem oorlog maak, met ‘n groot ramp tref….. daardie dag sal die Here die mense paniekbevange laat raak ….. Selfs Juda sal teen Jerusalem veg…. Dieselfde ramp wat die mense tref, sal ook die perde tref, die muile, die kamele, die donkies, al die diere wat in die kampe van die vyande is. (TEENOOR DIE SEëNINGE WAT JERUSALEM SE DEEL WORD, STAAN DIE OORDEEL WAT GOD SE VYANDE GAAN TREF. GOD IS LIEFDE EN HY VERGEWE DIE MENS SE SONDE, MAAR HY IS OOK REGVERDIG EN STRAF DIE SONDE VAN DIE WAT HULLE NIE TOT HOM BEKEER NIE.)
- 16-19: Al die mense wat oor is uit die volke wat teen Jerusalem opgetrek het, sal jaar na jaar kom om die Koning, die Here die Almagtige, te aanbid en om die huttefees te vier. Geen volk op aarde wat nie na Jerusalem toe kom om die Koning, die Here die Almagtige, te aanbid nie, sal reën kry nie. En as die Egiptenaars nie kom nie, sal die Here hulle met dieselfde ramp tref as die ander nasies wat nie kom nie…..Dit sal die straf wees…..( GOD GEE DIE WêRELD KANS OM TOT BEKERING TE KOM EN HULLE SAL NA JERUSALEM STROOM OM HOM TE AANBID. ‘N PELGRIMSTOG NA JERUSALEM ALMAL SAL DEEL DAARAAN KAN Hê NIE NET DIE JODE NIE. DIE VOLKE WAT NIE WIL KOM NIE SAL ONDER DIE OORDEEL VAL.)
- 20-21: ….Elke pot in Jerusalm en Judad sal aan die Here die Almagte gewy wees. Daardie dag sal daar in die huis van die Here die Almagtige geen handelaar meer wees nie. (IN JERUSALEM SAL ALLES AAN DIE HERE GEWYS WEES EN SAL DIE HELE LEWE EINTLIK ‘N EREDIENS WEES.)
Hoekom Jerusalem: Want verskillende gebeure vind plaas in Jerusalem wat die eindtye aandui. Ons hoop moet op God, wat in beheer is van die wêreld en die
geskiedenis, wees. Hierdie plek is so besonders vir God dat wanneer die oordeel gefel is, ons almal saam in
die nuwe Jerusalem sal leef. Op 3:12 en
Op 21:
03/09/2014 ...
Prayer Alert and Update: Pro-Islamic State Gathering #ISIS on Temple Mount. Please share! The Islamic State that has taken over much of Syria and Iraq has their eyes on Jerusalem. They are infiltrating the Palestine area, and are attempting to unite them. They demonstrated at the Temple site Wednesday.
Our Jerusalem Prayer Team world headquarters is 600 meters from the Temple site in Jerusalem. That is why YOU are so very important as a Jerusalem Prayer Team member. You have come into the kingdom for such a time as this. Please bind this spirit right now in the mighty name of Jesus and ask everyone you know to do the same.
-Dr. Mike Evans
03/09/2014 ...
Prayer Alert and Update: Pro-Islamic State Gathering #ISIS on Temple Mount. Please share! The Islamic State that has taken over much of Syria and Iraq has their eyes on Jerusalem. They are infiltrating the Palestine area, and are attempting to unite them. They demonstrated at the Temple site Wednesday.
Our Jerusalem Prayer Team world headquarters is 600 meters from the Temple site in Jerusalem. That is why YOU are so very important as a Jerusalem Prayer Team member. You have come into the kingdom for such a time as this. Please bind this spirit right now in the mighty name of Jesus and ask everyone you know to do the same.
-Dr. Mike Evans
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking