Ek staan op ‘n landery net die Heilige Gees is by my. Die grond is so
 pas omgeploeg, dis sagte, rooi vrugbare grond. Of ek nou links, regs, 
voor of agter my kyk, alles is dieselfde – net die omgeploegde stuk 
grond.  Ek stap vorentoe, weet nie regtig waarheen nie maar ek laat die 
Heilige Gees my lei, niks verander nie. Dan staan ek op die einde van 
die landery.  As ek opkyk speel die selfde toneel hom af aan die 
linkerkant en regterkant maar voor my is ‘n draad. Ek klim deur die 
draad na die volgende boer se landerye toe en dieselfde beeld lê weer 
voor my.  Ek begin weer aanstap, ek stap en stap en stap tot ek weer tot
 die einde van die landery kom maar hierdie keer draai ek regs af en 
gaan sit onder ‘n boom.
‘n Boer kom op ‘n trekker aangery 
tot voor my en ploeg weer dieselfde landery om. Die boer is 
uitdrukkingloos, lusteloos en emosieloos, hy ploeg omdat dit roetine by 
hom is.  Dan wys die Heilige Gees my om op die horison te kyk, ek sien 
vir Jesus op ‘n donkie aangery kom.  Hy is net die teenoorgestelde van 
die boer, Hy borrel van blydskap, Hy’s gelukkig, Hy’s vriendelik en 
glimlag breed, Hy’s in ‘n speelse bui, dis asof Hy die ou donkie wil 
aanjaag om vinniger te loop, waai met Sy arm en fluit ‘n deuntjie en as 
Hy voor my te staan kom haal Hy ‘n sak wat oor die donkie se rug hang af
 en gooi dit oor Sy skouer, die sak het twee vakkies een voor Sy bors en
 een agter op sy rug met saad in.
Jesus druk sy hand in die
 voorste vakkie van die sak in en begin oor die landery loop en soos wat
 Hy loop begin Hy saai. Ek loop agter Hom en sit my voet in elke spoor 
van Hom neer, dit laat my weer klein voel, soos wat ons as kinders 
gemaak het wanneer jy jou voet in jou pa se spore gesit het.  As ons op 
die einde van die landery kom draai Jesus my om ek weet dat die saad 
iets gaan oplewer en ek wonder wat dit gaan wees.  Geduldig wag ek om te
 sien wat... is dit dalk onkruid, vrugte of wat?  Die mooiste grootste 
en hoogste sonneblomme kom voor my op ek verstom my aan die groot en 
helder kleur van die pragtige blomme.
Hoekom sonneblomme vra ek Hom en Hy antwoord: “ Hulle sal gesond word.”
DIE UITLEG:
 Dit wat nou geestelik in ons land aan die gebeur is word deur die grond
 uitgebeeld. Ons land is vrugbaar vir die Gees en ons word gereed gemaak
 dat die goeie uit ons te voorskyn sal kom. Onder ons werk mense wat die
 Geestelike arbeid verrig, ons doen dit getrou, lojaal en omdat ons weet
 dat dit is wat God van ons verwag. Maar ons is terselfde tyd, ek wil 
amper sê moedeloos en uitgebrand, sal ons moeë arbeid enigiets goeds 
bring?  Weet verseker Jesus in al Sy nederigheid en in dit wat Hy vir 
ons op aarde kom doen het sal die een wees wat vir ons die vreugde en 
blydskap weer sal terug bring in ons land.  Dit wat Hy gaan kom saai 
gaan vir ons genesing bring.  Ons land sal soos die sonneblom uitstaan 
bo ander lande, ons sal ons gesigte draai na die God wat die son en 
heelal gemaak het, ons sal helder skyn en sal die vrug van die Gees 
uitleef, ons sal die saad wat in ons harte geplant is uitleef soos wat 
dit groei sodat ons God kan eer. Soos wat die sonneblom se saad eintlik
 ‘n vrug is so sal ons wees vir die mense in ons land en in die wêreld.
 
 
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking