29 April 2014

Dis sonde se skuld

God wil ons land kom seën.
Dis sonde se skuld: Kyk jy na pornografie, steel jy, het jy buite egtelike verhoudings, leef jy onsedelik, weet jy waar jou kind is, gee jy om of jou kind God ken, aanvaar jy ander gelowe, haat jy mense, praat jy sonde goed... Niemand is rein en goed nie, almal doen sonde maar die vraag is het jy berou oor jou sonde, vra jy vergifnis.

Dit wil voorkom of ons land verval het in 'n onsedelike nes, ons nasie het weggedraai van God af en daarom sê God: "Ons oeste sal alles opdroog, alles sal verdwyn."
Die wat gewillig is om te luister moet hoor wat die Gees wil sê : " Leer God beter ken deur meer tyd  met Hom te spandeer in studies en gebed. Die ongelukkigheid waarin ons nou leef is die gevolge van die keuses en besluite wat ons vroeër gemaak het maar jy kan die verskil kom maak, leef volgens Sy wil vandag en jy kan ons toekoms verbeter. Hierdie ongelukkigheid waarmee ons saamleef wil God kom verander. Hy wil dinge vir ons kom doen. Hy wil deure vir ons kom oopmaak.

Waar's ons vertroue op Hom? God beloof dat Hy ons vernederings gaan kom omswaai in lof.  Deur die slegte behandeling wat ons nou kry, deur die verwerpings moet ons net vasklou aan die wete dat God die enigste een is wat hierdie vir ons sal kan kom omswaai.  God wil ons land kom seën, vertrou Hom net, Hy is in beheer, alles gebeur met 'n doel. Jou en my lewe is in GOD se hand.

1 opmerking:

  1. http://herbergbulletin.blogspot.com/2014/04/vyfde-seel-openbaring-15-fifth-seal.html

    'n Herberg tussen die wanorde en chaos word beskikbaar gestel vir Sy mense. Laat die dooies die dooies begrawe. Sien julle later. Geseënd in die Naam van die Ewige Lewe.

    AntwoordVee uit