|  | 
| Is hierdie dalk die 3de wêreld oorlog | 
Ek en Jesus staan op ‘n stel spierwit trappe tussen groot pilare, as 
ek die water in die verte voor my sien met ‘n gedenknaald aan die 
agterkant van die water weet ek presies waar ek is. In Amerika, 
Washington DC by die Abraham Lincoln Gedenkteken.  Ons stap die trappe 
af en gaan oor ‘n pad, Jesus staan stil en draai na my toe sodat ek vir 
Hom moet kyk terwyl Hy my hande vas hou. Agter Jesus se rug sien ek ‘n 
Amerikaanse vegvliegtuig aankom, ek wil op hierdie oomblik nie hier wees
 waar ek nou is nie, ek het ‘n geweldige vrees vir die geluid van 
hierdie vliegtuie, ek wil weghardloop en op ‘n plek myself gaan staal 
teen hierdie geluid wat my binne sekondes gaan kom oordonder maar Jesus 
trek my nader en druk my teen sy bors vas as die eerste vliegtuig oor 
ons koppe gaan wil ek huil van vrees.  Die vliegtuie kom een na die 
ander oor ons gevlieg, hulle is omtrent net boomtop hoogte en die geluid
 wat hulle maak is skrikwekkend, vreesaanjaend en onheilspellend. Hulle 
kom van uit die noorde aangevlieg en as hulle oor is, draai Jesus my om 
en ons kyk hoe hulle in die suide klein word maar ek sien ook hoe hulle 
dan omdraai en weer aan ons weste kant verby kom terug noorde toe.  Soos
 ons aanstap na die water toe sê ek vir Jesus: “Ek kan verstaan dat 
hierdie oorlog is maar wat het hierdie met ons in Suid-Afrika te doen”? 
 Jesus wys my om op ‘n bankie by die water te sit, Hy hou ‘n klippie in 
Sy hand en gooi dit in die water in, dit maak ‘n rimpel effek en kring 
net wyer en wyer uit.  Ons stap tot by die Gedenknaald en Jesus lees die
 inskrywing op die naald ek weet nie presies waarvoor hierdie naald 
opgesit is en hoe die inskrywing lees nie maar dit laat my net besef dat
 hierdie beslis te doen het met oorlog en mense wat gaan sterf.  Ek vra 
Hom: “Is hierdie die begin van die 3de wêreld oorlog Jesus”? Hy antwoord
 my nie maar vra ek moet Op 4:5 gaan lees. “Van die troon se kant af het
 daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom.  Reg voor die troon
 het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God.
Ons
 almal weet dat ons die begin van die einde begin ingaan, hierdie oorlog
 wat oppad is gaan die hele wêreld lam lê, ekonomies gaan ons swaar 
trek, staal julle hierteen
GEDEELTELIK HET HIERDIE OPENBARING NOU IN VERVULLING GEKOM 
"In less than three years US fighter jets have returned to Iraqi skies, 
as Obama’s administration has authorized “manned and unmanned” 
surveillance flights there to keep an eye on the ISIS jihadist group 
that threatens to overrun the whole of Iraq."                                          http://rt.com/news/166964-f-18-patrol-iraq-skies/
 ![[File photo] US airforce fighter jet](https://www.middleeastmonitor.com/images/article_images/news/americas/USAF-us-air-force-fighter-jet-f16.jpg)
            Sunday, 17 
August 2014 11:39..... 
https://www.middleeastmonitor.com/news/americas/13525-us-bombs-isis-in-northern-iraq-in-a-bid-to-retake-mosul-dam
 ........ American fighter jets launched nine airstrikes on Saturday 
against ISIS 
fighters near Erbil in northern Iraq in a joint operation with Iraqi and
 Kurdish forces aimed at retaking the critical 
Mosul Dam from the militant group, U.S. Central Command said.
 
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking