02 April 2014

VISIOEN VIR AFRIKA (27/02/2014)

Ek en Jesus sit op 'n gladde ronde rots wat hoog staan bo kant boomtoppe uit. Dis unieke bome, Akasias die soort wat lyk soos sambreëlbome. Wyd gestrek lê die bome so ver as my oog kan sien. Op die rots tel Jesus 'n klip op en sit dit in my hand. Na 'n ruk staan ons op en beweeg tot op die grond, ons stap nou onder hierdie lower groen bome deur tot ons by 'n stapel klippe kom, soortgelyk aan die een in my hand. Jesus vat die klip uit my hand uit en plaas dit op die hoop.Die engel wat by ons staan neem 'n houtkruis en druk dit in die middel van die stapel klippe in en dan hang hy 'n bordjie bo om die kruis met Jesus se naam opgeskryf. Ons beweeg aan en loop teen 'n bult op, so ver as my oog kan sien is hierdie beeld van Akasia bome voor ons. Dan tel Jesus my op en beweeg met my die lug in boomtop hoogte tot 'n dorp voor ons lê. 'n Hartseer gesig as die eerste gebou voor ons 'n moskee is. Dit toring hoog bo alles uit met goue koepels en blink dakke. Een massiewe gebou vir so klein dorpie. Dan draai Jesus na my en vra ek moet Jesaja 11 gaan lees.

Die Uitleg van hierdie visoen:
Akasia bome is uniek tot Afrika en daarom is hierdie visioen vir almal in Afrika bedoel. God reik uit na elke mens in Afrika, elkeen wat onder die Afrika son loop is deel van God se evangelie.
Die kruis van Christus is uit 'n boom gekap, 'n Houtbalk wat 'n kruis geword het. 'n Altaar gebou met klip en die kruis "Jesus" wat geoffer is vir almal, selfs die in Afrika, wit en swart.
Die Moskee is afvalligheid van die mense, wat 'n groot bekommernis vir Christene geword het. Terselfdertyd is daar 'n benoudheid oor die moslemgeloof wat nou so aangehang word, 'n vrees wat my keel laat toetrek omdat ek hierdie verbind met onderdrukking, dood en vervolging van Christene.
 

Jesaja 11 (die loot uit die stomp) handel oor die oordeel wat oor die mensdom kom oor afvalligheid maar dat dit ook nie die einde is van die verhouding met God en die mens nie. Moet niks vrees nie die stomp van Jesus sal bly staan in Afrika. Moenie bang wees vir verdrukking, vervolging nie want die hout van Hoop sal ons lewendig hou. Die bome is nie dood nie, God sal 'n wonderwerk laat plaasvind. Uit die kruis sal takkies uitspruit wat goeie vrugte sal dra in Afrika in. As vrede kom sal daar nie plek wees vir verskeurdheid tussen ons mense nie. God sal ons volk een kom maak. Een in geloof en liefde vir almal in die land. Ons sal weer in vrede saam leef hier op die punt van Afrika.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking