04 April 2014

Hel voor oordeelsdag

Hierdie plek is waar mense heen gaan voor die oordeelsdag
Ons sak weer in die hel af. Ons staan voor die groot gat wat laas voor ons ingeval het, mense is besig om nou uit die gat te klim. Jesus wil die een persoon 'n hand gee maar hy stamp Sy hand weg in haat teenoor God. Jesus kyk na my en sê: " Hy is een wat teen My gekies het". Ek wil 'n vrou help wat sukkelend uitklim maar ek kry dieselfde houding van haar, ek kry hulle vreeslik jammer. Sy loop kwaad weg in die rigting van die murasie, ek volg haar en gaan sit langs haar op 'n gebreekte muur. Ek voel die haat en verwyt in haar aan, sy wil niks met my te doen hê as ek haar probeer troos nie. Sy sak net haar kop in haar hande en begin verbitterlik te huil. As ons terug kom het ek soveel vrae vir Jesus.

1) Ek verstaan dat mense in die hel beland wat teen U gekies het mense wat weet dat U bestaan maar hulle kies om U nie te dien nie, maar wat van die mense wat nooit 'n kans gehad het om U te ontmoet nie, mense wat nooit van U gehoor het nie, verdien hulle die hel?
2)Die beeld wat sommige mense van U het, is dat U 'n God van liefde is, nou hoekom so 'n wrede plek maak vir mense wat U nie lief het nie?
3) Mense wat onkundig is, goeie liefdevolle mense, hulle glo absoluut dat Allah of Buddha die enigste gode is, hoe plaas mense sulke mense in die hel?

Jesus slaan die Bybel voor my toe en sê: "Jy sal al jou antwoorde hierin kry"

Hier is wat ek gekry het - 

Jer 29:13 Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hart daarna vra.
Deut 4:29 As julle die Here julle God daar aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou.
Ps 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor die wat na U roep om hulp
Spr 8:17 Ek het die lief wat My liefhet, die wat My soek, vind My.
Mat 7:7-8 Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
Rom 10:12-13 "Niemand nie!" Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Joh 3:36 Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking