24 April 2014

Wees lief vir jou naaste

Moet niemand haat nie
Die HG staan langs my en tel my kop op: Ek sien ‘n boer op ‘n trekker, hy is besig om sy landerye om te ploeg.  Dit begin reën en hy hardloop na sy bakkie toe en ry stadig na sy huis met ‘n hond wat langs hom op die sitplek sit.  As hy by sy huis stop en aangestap kom na die voordeur toe kom hy agter iets is nie pluis nie, sy sifdeur is oopgebreek, dis asof alle bloed in sy liggaam uit hom getap word, met gebalde vuiste besluit hy eerder om om te stap, tree vir tree stap hy nader aan die verskikking wat hom inwag, hy kom te staan voor die kamervenster en sien hoe 3 swartmans besig is om sy vrou te verkrag, waar sy op die vloer lê kyk sy met betraande oë pleitend is sy gesig vas. Die boer lig die haelgeweer op van sy sy en skiet die boosdoeners dood, hy klim deur die gebreekte venster en tel sy vrou in sy arms op, sy seuntjie sit in die hoek van die vertrek en wieg heen en weer.  Hierdie toneel van afgryse wat voor my oë afgespeel het laat trane oor my wange rol.  My hart wil breek en ek gaan staan agter die boer om hom te bemoedig, ek plaas my hand op sy skouer en probeer hom verduidelik dat God nie hierdie daad ongestraf sal laat nie maar met haat en bitterheid klap hy my hand hard van hom af weg.

Ek draai om en wil skree van hartseer pyn en moedeloosheid maar sien dan vir Jesus voor my op die stoep staan ek hardloop na Hom toe en druk my kop teen sy bors vas, aag Jesus hoekom al die pyn en seer? Hoe lank nog al hierdie vernietiging? Hoe beweeg ons weg van hierdie haat wat ons so vir mekaar het?  Jesus hou my net vas en na ‘n rukkie laat Hy my op die muurtjie sit, Hy oorhandig ‘n glasperdjie aan my, en soos wat ek na die perdjie kyk word dit soos water en smelt dit weg tussen my vingers, (dit simboliseer ons Afrikaner trots wat verdwyn en wegsmelt). 

Al woorde wat Hy spreek is bemoedig jou mense, daars baie bitterheid, seer en kwaad, laat die mense My liefde ervaar...

Ek verstaan hoekom ons boerevolk swartmense haat, ek verstaan dat hulle nie deur almal gesien word as ons naaste nie, ek verstaan hoekom daar mense is wat hulle kinders leer, haat die swartmense want 'n mens voel dat hulle nie ons liefde verdien nie. Maar ongelukkig is dit nie die pad wat God wil hê ons moet loop nie. Daar is baie swartmense wat God in hulle lewe het, daar's so baie van hulle wat deur die selfde pyn as ons gaan, wat ook aan God se hand vaskleef.  Daar is baie van hulle wat goed, eerlik en liefdevolle mense is, wat nader aan God leef as enige iemand op Aarde.  Haat kom van twee kante af en ons blankes word net soveel gehaat deur swartmense omdat hulle in hul harte glo dat ons geen genade, goedheid of resprk verdien nie en waar los hierdie haat ons nasie, ons speel so reg in Satan se kraal, haat mekaar en hy seëvier. Vergifnis is baie meer bevrydend as bitterheid. Hoe kry mense wat deur hierdie traumas gegaan het dit reg om die haatlike boosdoeners te vergewe?  Hoe is dit moontlik dat hulle sterk staan in hierdie beproewings? Hoe bly hulle vashou aan God?... Want Sy liefde deur hierdie tye is kosbaar en die herstel met Hom bring 'n skoon nuwe lewe.  Ons weet dat Sy geregtigheid sal oorwin op die einde, ons weet dat as Hy ingryp bring Hy vrede en herstel, as Hy intree sal ons land juig en bly wees, Hy gee die boosdoener, moordenaar, hoer ensovoorts oor en oor kanse tot die dag wat hulle nie meer te vinde sal wees in ons land nie. Ons weet dat Hy ieder en elkeen gemaak het met die doel dat ons mekaar moet liefhê en dan sal Hy ons kan seën.  Julle wat glo is Sy kinders en niemand sal ons uit Sy hand ruk nie . God spreek ons almal vry omdat ons glo. Jesus het vir elkeen van ons gesterf sodat almal van ons Sy koninkryk kan deel. Al gebeur wat, niks sal jou skei van God se liefde nie, al is jy in erge beproewing en lyding God is teenwoordig en Hy sal nie die wrede boosdoeners oorsien nie. Maar laat die oordeel aan God oor.

Wanneer God ons land kom skoonmaak van hierdie boosdoeners en hierdie haatlike dade sal ons land weer word soos ‘n sterk boom wat oral op die aarde sigbaar sal wees, met genoeg kos, oorvloedige vrugte en skoon water omdat God ons lief het en omdat Hy ons genadig is. Maar moet niemand haat nie want God is liefde, as jy haat beweeg jy nie in die lig nie.

1 opmerking:

  1. Weet jy ek het al solank gebid en gewonder oor die ding. My hart breek ook in stukke as ek van die dinge hoor en ek wil ook so graag my hand op die seergemaakte mense se skouers sit. Dankie dat jy vir my die antwoord moes bring. Mag God jou en jou werk aanhou seen.

    AntwoordVee uit