25 April 2014

Die ou landsvlag word gehys

Fort Klapperkop met die ou landsvlag
Ek word Fort Klapperkop toe geneem. Jesus stap vooruit en 'n engel gaan staan teen groot deure en wys my om by hom te kom staan. As ek langs hom is wys hy dat ek stil moet wees. Jesus staan en wag vir iemand om by ons aan te sluit. Na ‘n rukkie kom 4 mans op perde aangery, ek snak na my asem en druk my hand fisies teen my mond vas om my verbasing te kenne te gee oor die eerste persoon wat duidelik word. Op ‘n pikswart fors perd sit Eugene Terre’blanche, hy kom ingery, klim van sy perd af en stap eenkant toe. Die tweede persoon kan ek nie identifiseer nie maar die HG wys my dat die persoon gesterf het met ‘n koeël in ‘n motor – Koos de la Rey. Die derde persoon word met die woorde Paardeberg, of Paardekraal gewys en dat hy gevang is – Piet Cronje. Die vierde persoon het op ‘n besonderse mooi perd gery, ‘n wit een met bruin kolle op, hy is heelwat jonger as die ander drie en die woorde skiet my in my boerehart is saam met hom uitgebeeld – Jopie Fourie. Die 4 mans staan rondom ‘n paal en hys dan die ou landsvlag op, hulle tree terug en sallueer. Eugene kom na Jesus toe aangestap en buig voor Hom in eerbied en respek, die ander volg hom.

As hulle op hul perde wegry kom Jesus na my toe en oorhandig ‘n papier aan my op die eenkant staan Mark 2;24… Waarom doen hulle iets wat nie op die sabbatdag gedoen mag word nie.... (In hierdie visioen eer hulle die apartheidsera landsvlag)
...  Volgens die regering van die dag mag niemand die ou vlag eer nie.  Met die goeie bedoeling om onenigheid te verwyder en om eengesindheid te verseker, dat almal sal deel aan 'n nuwe Suid-Afrika. Jesus sien hoe hierdie 4 boere die ou landsvlag hys en salueer. Jesus sal nie teen die regering van die dag gaan nie maar Hy gaan teen die uitleef van hulle standpunte, teen die uitvoering van hulle pligte en teen die afdwing van hul gesag.  Die regering van die dag verstaan nie die beginsel van die ou vlag nie, hulle is so gesteld op die nakoming van hulle wette dat hulle nie tussen reg en verkeerd kan onderskei nie, hulle bevorder nie eengesindheid nie maar verwydering en verwerping en God laat hier toe dat die ou vlag gehys word omdat Hy erkenning wil kom gee aan dit wat die ou vlag voor gestaan het, die fokus was, met die ou bedeling, op God en nie op die najaag van politieke mag en status nie.

En op die anderkant staan. Fil 1: 5 omdat julle van die begin van die eerste dag saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie... God erken die werk wat die mense gedoen het onder die ou landsvlag, naamlik om die evangelie te versprei. Die vername leiers was gelowige mense wat almal se harte aan God behoort het, die werk wat hulle onder die mense verrig het het oor God gegaan en nie oor politieke gewin nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking