23 April 2014

Die tyd het aangebreek SA

Tot wanneer sal die volk blind en doof wees? Hy antwoord: "Totdat die land in ‘n puinhoop omskep is en die land verlate word, die land sal verwoes word maar dan sal ons land word soos ‘n boom wat afgekap is waarvan die stomp sal uitloop en heilige saad wat weer groei"….
Jesus is baie haastig, gewoonlik vertoef Hy eers vir ‘n oomblik en gesels oor iets, maar nie vanaand nie. Ons is in ‘n gebou, marmervloere, marmertrappe… ek wonder waar ons is?  Jesus stoot 2 swaar houtdeure oop en ‘n formele duur gemeubileerde kantoor gaan oop voor my met die SA landsvlag agter die stoel wat hang aan ‘n houtpaal. Jesus staan agter die lessenaar en wys na foto’s teen die muur.  Ek stap nader, Thabo Mbeki, Nelson Mandela, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma, ek kan hiervan aflei dat dit die kantoor van die Staatspresident is. As ek omdraai staan Jesus nog langs die stoel maar Hy is angstig, haastig en tik met sy vinger op ‘n polshorlosie, Hy doen dit 2 maal en dan gaan sit Hy op die stoel. Ek loop om op een van die stoele voor die tafel te gaan sit en ek haal my oë vir ‘n oomblik van Jesus af om alles ingeneem te kan kry. Hoekom is Jesus haastig, wil ek weet? Die Heilige Gees antwoord: "DIE TYD HET AANGEBREEK ! !"

As ek weer my oë op Jesus rig trek Hy ‘n stuk papier nader en skryf iets daarop, Hy draai die papier om sodat ek kan lees wat daarop staan, Jesaja 6….   Dan staan ons in die tuin en soos ons die trappe afstap kom ek agter dat ons by die Uniegeboue was.
Terug in my kamer lees ek Jesaja 6 en die volgende staan uit: “Die volk sal hoor en niks verstaan nie en kyk en nie sien nie. My vraag aan Jesus: " Tot wanneer sal die volk blind en doof wees? Hy antwoord: "Totdat die land in ‘n puinhoop omskep is en die land verlate word, die land sal verwoes word maar dan sal ons land word soos ‘n boom wat afgekap is waarvan die stomp sal uitloop en heilige saad wat weer groei"….
"Ons land het al so baie seer Jesus, ons mense het al so baie deurgegaan wanneer sal die einde van ons ellendes dan aanbreek en wat bedoel die Heilige Gees met DIE TYD HET AANGEBREEK" ?...  Jesus antwoord nie maar kniel langs die bed en wys dat ek by Hom moet aansluit in gebed, dan trek Hy weer ‘n pen en papier nader en skryf Matteus 11:22, as ek dit lees is ek bekommerd - Maar Ek sê vir julle: Vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir julle. (Elke regering sal voor God buig)

Ons land se sondes is groot vriende, God kom rig 'n pleidooi om vir ons herstel te kan bring. Ons gaan nog swaar trek vorentoe, ons ellendes is nog nie verby nie en van hierdie visioen lei ek af dat die tyd aangebreek het van ons ergste beproewing nog maak julle gereed hiervoor, God kom waarsku ons voordat hierdie ons tref. MAAR ook dat die stomp sal uitloop en die Heilige saad weer sal groei.

9 opmerkings:

  1. Die foto's teen die muur wys die huidige regering van die dag uit. Ons almal val onder die regering en dus sal ons moet besluit gaan ons hulle lewenstyl en normes wat hulle afdwing aanvaar of gaan ons die pad van geregtigheid loop. Maar ongelukkig val ons almal ongeag ons kultuur, velkleur of geslag onder die oordeel. Jy moet 'n keuse maak reg of verkeerd.

    AntwoordVee uit
  2. Pragtig. Dit sluit aan by wat die Gees aan my gesê het: "die maat van die sonde, is die degradering van die Gees." Dus val ons nie onder die Anti-Gees regering nie, maar is ons vry in Waarheid. En dit sal bepaal wie waar gaan wees en vir hoe lank. Dankie vir die bevestiging van die verse wat jy ontvang het. Wees geseënd. Liefde en groete in die Naam van die Ewige Lewe.

    AntwoordVee uit
  3. http://herbergbulletin.blogspot.com/2014/01/die-sameswering-van-die-anti-gees.html

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie Aquaria, vir jou insetsels, mag ons boodskappe versprei word dat die mense kan bid.

      Vee uit
  4. Sjoe!!! Terwyl ek sit en tik loop die trane oor my wange en my hart krimp inmekaar! Mag ek asseblief 2 visioene met jul deel hier wat by bogenoemde aansluit?

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek kan ongelukkig jou nie direk antwoord via epos nie, maar jy kan die visioene hier plaas of op facebook by Profesiee Suid-Afrika.

      Vee uit
    2. Baie dankie ek waardeer dit.

      Ek het 22 Jun gereed gemaak om te gaan slaap. My lig afgeskakel en toe ek my oë toemaak het my kamer helder verlig geword en ek was skielik op 'n ander plek. Ek het rondom my gekyk en langs my was 'n berg... ek het in die koelte en skadu vd berg gestaan. Links van my was 'n bergreeks en waar dit opgehou het was nog 'n bergreeks (saam het hul in 'n omgedraaide L voor my gelê).

      Ek het Jesus met sy een voet op die een berg se kant sien staan en met Sy ander op die ander berg. Hy het na my gekyk en Sy hande opgelig hemelwaarts terwyl hy sy bolyf gedraai het na regs. 'n Geweldige aardskudding het voor my begin vorm aanneem, alhoewel dit my geensins geraak het nie. Ek het na Jesus gestaar en gesien dat die Hemel besig is om oop te skeur. Stadig... baie stadig het iets uit die Hemel begin afsak. Dit was so mooi ek het geen woorde om dit te beskryf nie..dit was iets tussen pêrel en diamant en tog kon die glans daarvan met niks op aarde vergelyk nie. Dit was massief en het gesak en gesak tot dit tussen Hemel en aarde gehang het. Jesus het teruggedraai na my met die volgende woorde...LET OP...

      Skielik het 'n groot staanhorlosie voor die struktuur verskyn en dit het begin tik... tik... tik... Op daardie moment het ek besef dat Hy vir my wil sê dat die stad wat Hy gegaan en voorberei het voltooi was maar dat Hy wag vir die tyd om verby te gaan.

      Ek het 'n geskree gehoor en vuur gesien en skielik besef die bergreeks wat voor my lê was Tafelberg! Baie mense was in hierdie aarbewing, vuur en brand. Hul het heen en weer gehardloop in 'n poging om weg te kom, maar kon nie......


      Ek het daarna 'n tweede visioen gehad... ook na stiltetyd terwyl ek gereed maak om te gaan rus...

      Ek het 'n woestyn gesien.. daar was NIKS maar NIKS lewe nie. In die middel vd woestyn was 'n droë afgesaagde boomstomp. Ek het gekyk en gevra... Vader wat wil U vir my wys

      Weereens het die sagte stem vir my gesê... LET OP! Ek het stip na die droë stomp in die woestyn gestaar en iets waargeneem.. 'n botsel? Ek was verbaas en het nader beweeg en voor die stomp gaan staan. Skielik het meer en meer botsels te voorskyn gekom tot die hele stomp oortrek was daarmee. Terwyl ek kyk het die blare oopgegaan en die mooiste wit bloeisels het uitgeskiet! Die bloeisels het verander in die grootste, mooiste vrugte wat ek nog aanskou het!

      Weereens het ek tot die besef gekom dat ek pas gesien het wat met God se volk sou gebeur na alles verby was en slegs 'n stomp van die gewyde volk oor was!

      Hoop jy kan sien hoe dit aansluit by dit wat hierbo gedeel is? Baie dankie dat ek dit met jou mag deel!

      Vee uit
    3. Dankie vir die deel hiervan, mag God ons nog baie kom bemoedig en mag ons ore en oe oop wees vir Sy boodskappe

      Vee uit
  5. Hierdie opmerking is deur 'n blogadministrateur verwyder.

    AntwoordVee uit