Egipte word vasgevang deur magshonger goddeloses, hierdie mense 
is vermetel en verhef hulleself teenoor die ware God. Hulle optredes 
teenoor ander landsburgers is onaanvaarbaar en hierdie magsbeheptheid 
sal nog hulle eie einde beteken.  Die regverdige Godvresende mense sal 
oorleef mits hulle voortgaan om getrou aan God
 te bly. Die wat die ware God verwerp stuur af op ondergang en Sy 
kinders sal leef!  Die goddelose is reeds so goed soos dood.  Hulle 
uitbuiting van ander het net een doel en dit is om vir hulleslef 
sekuritiet te verwerf, selfverheffing, hierdie magsmisbruik en 
afgodediens word ten sterkste deur God veroordeel.  Hierdie optredes van
 hulle gaan boemerang en die rolle gaan omgekeer word dat die wat eens 
magtig was totaal vernietig gaan word. Wie op die Ware Lewendige God 
vertrou sal nooit teleurgesteld word nie.
 

 
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking