Jesus wys my 'n pragtige oop landvlakte met goudgeel gras en
doringbome wat op party plekke baie bebos is. 'n Tipiese bosveld gebied.
Aan die linkerkant staan die mooiste klip plaashuis en mense gaan aan
met hulle normale boerdery dagtake, 'n rustige atmosfeer heers. Die
windpomp gaan sy normale gang en kraak sag soos wat die wind deur sy
lemme waai. 'n Wind kom vanaf die Suide en die eens rustige gras word
woes rondgeruk en die perde op stal begin onrustig rond trippel en
blaas. Dan sien ek dit op die horison, ver, ver kom dit aan, 'n skaduwee
pikswart, stadig kom dit inbeweeg maar die hele land word betrek.
Alles word swart die gras bome, alles vrek. Dit is donker donderwolke
wat die skaduwee veroorsaak. Die wolke is swaar en onheilspellend hang
dit soos wat dit 'n skadu gooi oor die eens mooi vlaktes. Maar dit reën
nie dit bring vernietiging en ellende. Die boer vryf die swart
poeier wat op die land lê tussen sy vingers en skud sy kop
onverstaanbaar as hy kyk na die karkasse van sy diere wat weerloos lê op
'n swart fluweel land.
Dan blaas God die wolke en vinniger as wat dit gekom het verdwyn dit weer in die verte.
Ek vra Jesus wanneer sal hierdie droogte ons volskaal tref en Hy antwoord: Die Vader alleen beskik oor die tyd hiervoor.
Hierdie openbaring het tot vervulling gekom:
http://www.beeld.com/nuus/2013-12-02-droogte-ergste-sedert-33
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking