11 April 2014

Demone sal vasgekluister word


Ek loop saam met Jesus na die 3de krater toe.  Jesus tel my daarin af en 'n geweldige vrees trek my keel toe, is daardie vrees wat mens beleef in 'n nagmerrie of wat jy kry as kind as jy in 'n donker gang moet afloop. 

Ons loop dieper en dieper die krater in, my voet gly want die grond is 'n glibberige slym en die mure lyk of dit van dik lawe is, dis baie warm hier binne met kruipende insekte wat tussen die slym rond beweeg.

Demone is hier vasgeketting.... hulle sit rond op klippe maar is almal in hulle ware vorms, vreesaanjaend, hulle wil in hierdie vorm wees, hulle kies hierdie vorm omdat dit hulle van God afsonder. Hulle sit asof vasgekluister net met die haat in hulself. 

Die een wat die naaste aan ons sit lyk vir my baie soos die karakter in "The Beauty and the Beast"  maar hy het bokbene.  Hy is ontsettend kwaad en het 'n geweldige woede teenoor God en as hy Jesus sien skree hy met 'n brullende stem op Hom, ek kan sien dat hy God met 'n passie haat.

Satan beweeg vrylik rond tussen hierdie krater en die 2 kraters wat hierdie een omring, dis die enigste deel in hel waartoe hy toegang het, maar soos ek met vorige skrywe genoem het, het hy eintlik geen mag oor niemand meer nie, hy boesem net vrees in.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking