15 April 2014

Visioen droogte 13/03/2013

Julle sien hierdie dinge gebeur
Ek bring vandag vir julle 'n visoen oor 'n droogte wat ons tans beleef en wat nog kan voortduur.
Hierdie het ek gisteraand ontvang:...Jesus loop met my in die donker nag op droë grond. Die grond is poeier sag maar kraak onder ons voete plek, plek is die krake diep ingesink. Alhoewel dit baie donker is kan ek voel dat ons afdraende stap tot by water.  Ons staan vir 'n hele ruk net met ons voete by hierdie watervlak en dan sien ek hoe die son opkom. 'n Pragtige gesig, diep oranje rooi kleur van die son breek deur die horison.  Voëls kom na die water toe aan en as ek om my kyk sien ek ook ander diere wat water kom suip. Maar soos die son se strale helderder word is die prentjie nie so mooi nie. Die dam waarby ons staan se water is baie min, 'n groot gedeelte om die dam se grond is bedek met droë gekraakte grond. Dooie diere lê langs die water. 'n Gesig wat moedeloosheid, hartseer en ellende wys....

Wat is die rede vir die droogte, vra ek Hom? Hy antwoord, ...  Julle sien hierdie dinge gebeur maar nogsteeds bly julle ongehoorsaam. God het gepraat, maar wie luister, Hy het geroep, maar wie antwoord Hom. Ons oeste gaan niks oplewer nie. Satan sal probeer om baie mense te verlei maar in hierdie tyd van swaarkry en ellend sê God: “Die tyd is nou gereed, luister na My.” God kom ons land red, Sy hand is so vol mag. Na al hierdie sal julle weet dat Ek die Here is.

Bemoedig ook my kinders deur vir hulle te sê: "Vir die wat My kinders is, julle het die Gees van My Seun en roep voortdurend na My, julle Vader om hulp".

1 opmerking:

  1. Julle sien hierdie dinge gebeur maar nogsteeds bly julle ongehoorsaam. God het gepraat, maar wie luister, Hy het geroep, maar wie antwoord Hom. Ons oeste gaan niks oplewer nie. Satan sal probeer om baie mense te verlei maar in hierdie tyd van swaarkry en ellend sê God: “Die tyd is nou gereed, luister na My.” God kom ons land red, Sy hand is so vol mag. Na al hierdie sal julle weet dat Ek die Here is.

    AntwoordVee uit