![]() |
Kies reg, kies Jesus |
As jy lus kry om met ‘n leeu in die gras rond te speel dan doen jy dit, as jy op ‘n kameelperd wil ry, niks gaan jou keer nie. As jy sjimpansees wil bone voer dan lê die hele dag oop vir jou om dit te kan doen. As jy net luilekker wil rondlê kry jy vir jou ‘n lekker hoekie en rus, nie omdat jy moeg is nie maar omdat dit lekker is”.
‘n Groep mense kom oor die gras verby gehardloop en ontmoet ander wat nader kom, ek kan dadelik sien dat hulle mekaar ken, ‘n pa en dogter, die herontmoeting is met soveel vreugde en liefde, hulle is almal so bly om mekaar te sien.
Ek sien mense wat skilder, mense wat sing, wat dans, mense wat instrumente speel….. niemand sal ooit hier vervelig wees nie, die talente wat jy op aarde gekry het gaan jy hier ook gebruik. Jy gaan dit doen omdat dit vir jou lekker is. En as jy lus is om na engele kore te luister dan gaan soek jy hulle, as jy lus is om te kyk hoe mense skilder dan doen jy dit. Vryheid, vrede, liefde en bo alles God se teenwoordig. Almal bring ere aan God, almal voel Sy teenwoordig, beweeg in dit, en aanbid Hom, prys Hom en eer Hom. Alles gaan om Hom, vir Hom en oor Hom. Die Here is ons Herder en niks sal ontbreek nie. Hy laat ons rus in hierdie groen weivelde, na water wat verfrissend is sal Hy ons lei. Ons word soos eregaste behandel. Sy goedheid en trou vergesel elkeen van ons. Dis die huis van onse Here…. Dis Hemel…. Dis Jesus…. Dis God….Dis wat Hy bied…. Dis wat Hy gee en dis waarvoor jy gekies het. Halleluja!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking