08 April 2014

Verskillende vlakke in hel

Hel is in verskillende vlakke opgedeel
Die krater waarin ek nou staan se vlamme is nie so intens soos die vorige een sin nie alhoewel dit nog geweldig warm is. Die grond is nogsteeds kliphard en die binnekant van die hel bestaan net uit vlamme, harde grond, klippe en rotse. Die vlamme brand nie ‘n mens se liggaam nie maar dit veroorsaak intense ongemak en hitte. Die mense word gevange gehou in dele van die hel, ‘n area van ± 3mx3m. In hierdie 3 dele wat ek nou beskryf het kan geen mens of demoon vrylik rond beweeg nie, elke persoon kry ‘n deel waarin hy vasgevang is. In hierdie deel van die hel is mense wat die verkeerde keuses in hul lewe gemaak het, hier is mense wat haat bo liefde, bitterheid bo vergewing gekies het, moord, roof, verkragting was hulle kos op aarde, hulle het wraak bo om die ander wang te draai of leuens bo die waarheid gekies. Hierdie mense het gekies vir mag, geld, status, wêreldse wysheid bo Goddelike wysheid. ‘n Lekker lewe is al waarin hull belanggestel het, wou nie tyd maak vir God nie, wou nie God leer ken het nie, die lewe het net oor hulle self gegaan, vleeslike behoeftes. Die mense hier het geen emosies nie, net vrees vir Satan, straktheid, verwyte en haat vul elke oomblik van hul ewige lewe. Die gevoelens wat hulle teenoor God op aarde gekoester het, is nogsteeds deel van hul lewe, hulle haat God en is woedend teenoor Hom. Die “bure” wat jy hier gaan kry gaan by jou wees vir ewig. Die mense SMAG na liefde, hulle smag na geliefdes, maar hulle sal nooit, ooit enige van hulle geliefdes weer sien nie. 

Die wat op aarde ‘n geweldadige en haatdraende persoonlikheid gehad het gaan dit nogsteeds afdwing op ander in die hel. Ek sien twee mense wat in ‘n vuisgeveg betrokke raak, die een is fisies sterker as die ander en hy slaan en skop hom met geweld, fisiese pyn is nogsteeds deel van hulle lewe. Die saggeaarde persoon baklei terug met sy mond. Die woorde wat hy uiter is vieslik, haatlik en Godlasterlik. Satan het hierdie aanskou en geniet dit as mense in gevegde betrokke raak, hy lag uit sy bors uit, is vir hom die enigste plesier as mense mekaar probeer vernietig. Soos wat hulle teenoor God gevoel het op aarde so is hulle nogsteeds teenoor Hom, die hel verander nie hul siening teenoor Hom nie. ‘n Vrou het inmekaar gesit en my hart het inmekaar gekrimp toe ek haar verlange aanvoel na haar geliefdes, van alles is dit die ding wat my die meeste getref het, hulle verlange na liefde en geliefdes. Maar soete emosies is nie by hulle te bespeur nie, haat, vrees, ongemak, intense hitte, vervloekings, vuiltaal, bakleiery ens is al wat hulle lewe mening gee.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking