09 April 2014

Geloof hou jou uit die hel

Geloof is jou enigste waarborg
Ons loop na ‘n deel van die hel waar ek kan sien dinge is ‘n bietjie anders hier. Jesus gaan staan stil voor my en as ek by Hom aansluit snak ek na my asem, ek hou my hand voor my mond en kan nie glo hoeveel mense ek hier sien nie. Vir kilometers en kilometers aaneen, sover as wat my oë kan sien is daar net mense.
Die mense wat hier is, is God baie bewoë oor, met soveel hartseer loop Hy deur hierdie mense, ek voel so jammer vir Hom. Dis hulle wat nooit die evangelie gehoor het nie, dis die mense waaroor ek nog altyd gewonder het. Nou weet ek, dis waar, jy kan nie in die hemel kom as jy nie self vir God gekies het nie, alleenlik jou geloof in Jesus waarborg jou ‘n plek in die hemel. 


Alhoewel hulle dit makliker in die hel het as die ander, bly die plek ondraaglik, die rotse en klippe is plek, plek bedek met mos, die grond is sagter, klammerig en die vlamme is minder, die temperatuur is soos ‘n baie warm somersdag, ± 45 °C. Die mense beweeg meer vrylik hier rond maar trane is baie. Die ding wat my opval met hierdie mense se gemoed is spyt en negatiwiteit, die gedagtes wat hulle koester gaan alles oor die dinge wat hulle in die lewe seer gemaak het, hulle is tot in ewigheid vasgevang in hulle gedagtes van bitterheid, onvergewensgesindheid, hartseer, moedeloosheid, negatiwiteit. Oor en oor herhaal hulle net die pyn en ellendes wat hulle op aarde getref het. Selfbejammering is hulle grootste vyand. Hierdie groep mense vertroos mekaar maar dit help nie, die hartseer sal nooit weg gaan in hul lewens nie, hulle is vasgevang in hierdie groef van negatiwiteit, verlange en die ergste is, die baie trane

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking