07 April 2014

Satan se mag in die hel

Satan word gebind na oordeelsdag
Reg rondom hierdie krater is nog ‘n krater. Sy vlamme staan hoog uit en in die middel van hierdie krater staan ‘n rots waarop Satan hom tuismaak. Satan se rol in die hel… hy het geweldige mag maar terselfde tyd is hy magteloos, sy mag is gebind en dit maak hom woedend. Die vrees wat hy uitstraal is oorweldigend. Sy mag lê in sy vrees wat hy afdwing op elke mens. Hy beweeg tussen die mense rond oor rotse en skree sy woede en haat oor hulle uit, elke mens wil flou word van vrees as Satan tot uitbarstings kom, maar heelaas, hy kan niemand enige iets aandoen nie, hy het sy mag verloor om mense te manipuleer en te beheer, al mag wat hy het is om vrees in te boesem, verder is hy magteloos.

Hierdie deel van die hel is ook geweldig warm, die mense wat hier is, het gekies vir Satan, dis duiwelaanbidders, okkultiese mense en mense wat God geken het maar wat teen Hom gekies het, dis mense wat ten volle bewus was van God se bestaan maar hulle het besluit om Hom nie te dien nie, hulle het uitdagend teen God vir ander gelowe gekies met die wete wat hul uiteinde sou gewees het. Hulle het die evolusieteorie aangehang ten spyte daarvan dat hulle ten volle bewus was van God se bestaan. Die persoon wat ek hier gesien het was so dors dat hy sy sweet gelek het om net ‘n bietjie vog op sy tong te kon kry. Die hitte in hierdie deel van die hel is onuithoubaar.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking