Jesus het vanoggend hierdie openbaring aan my gebring: Ek sien
skepies dobber op die see, die golwe is onstuimig aan die ooste van
Suid-Afrika. Donderwolke kom oor die see aan, dit bring stormwinde
saam, branders is woes en golwe slaan hoog teen rotse vas. Mense
hardloop om van die piers af weg te kom die wat verkope doen langs die
pad pak haastig op en hardloop. Die skepe in die hawe lê nou op droë
grond want die see het terug getrek maar 'n kwaai wind is terselfde tyd
teenwoordig. Mense hardloop en dan kom die golwe aangerol dit verdring
alles voor hulle, bote slaan om, die see loop deur paaie en geboue.
Jesus
is bedroef en vra dat ons moet bid dat mense se harte moet verander
teenoor Hom. Die stad waarin alles gebeur is rondom Durban. Ek vra Hom
hoekom dit gebeur. Hy loop nou met my deur die strate van Durban en wys
my al die gode wat aanbid word. Moslems, Hindoe's en voorvadergeeste
te veel mense het afvallig geword.
Oor die vraag
wanneer dit sal gebeur het Hy die volgende geantwoord: 1. Hy wys my die
son wat warm op mense brand, hulle is bruin gebrand en die son kom fel
neer. 2. Dit is nou donker en as ek opkyk sien ek die maan 'n
vol koelronde maan skyn 3. Dit wil vir my voorkom asof ek in
'n tipe van 'n Botaniese tuine afstap ek volg die paadjie en lees die
rigting aanwysers na groot tente wat opgeslaan is, as ek daar instap is
dit blomme en blomme en blomme. (mense sal aangaan met hul
alledaagse take, niemand sal sit verwag nie).
Soortegelyke visioene wat ontvang is:
http://www.news24.com/MyNews24/A-prophecy-for-South-Africa-20131127
Jaap Marais leier van HNP het ook 'n profesie gegee jare gelede van die Kaap wat onder water gaan kom, maar ongelukkig kry ek niks wat verwys na hierdie nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking