19 April 2014

Tsunami Durban 25/10/2010

Durbaniete se geloof sal hulle red
Hierdie visioen is die 2de een wat ontvang is oor Tsunami aan Oostelike kus (Durban gebied), as jy die 1ste een lees sal jy sien hoekom God hierdie gaan toelaat MAAR hierdie visioen wys dat INDIEN mense tot bekering gaan kom sal God hulle genadig wees, is daar al 'n ommekeer in geloof in Durban?

Jesus vra my of ek enige vrae aan Hom wil rig en die eerste vraag wat by my opkom is oor die Tsunami wat ek gesien het aan die ooskus van Suid-Afrika (Durban), die rede hoekom ek die vraag aan Hom stel is omdat daar ander mense ook drome en openbarings gekry word oor Tsunami’s en meteoriete wat hierdie deel  tref.

Hy wys my dat ek my oë moet oopmaak en moet  neerskryf wat ek sien…
Ek sien ruiters op perde, baie ver van my af, soos wat ek nader kom word die tropiese strandtoneel al hoe duideliker, almal is in wit geklee met Jesus aan die voorpunt Hy het Sy goue kroon op, dan neem Hy die leiding en almal begin in ‘n Suidelike rigting beweeg, met die spoed en krag waarmee die perde hardloop word ons teen die wind vasgedruk.  Ons kom tot stilstand en Jesus draai na die engele wat op die perde voor Hom sit,waar ek nou voor Hom op die sand sit hou ek Hom dop om te kyk wat Sy bevel gaan wees. Jesus steek Sy linkerhand in die lug na die Vader toe uit en plaas Sy regterhand op Sy hart en vanwaar ek sit kan ek sien dat Hy huil, is dit hartseer trane? Is dit trane van blydskap? Ek weet nie… Hy draai terug, trane loop oor Sy wange terwyl Hy van Sy perd afklim.  Hy laat sand tussen Sy vingers deursyfer… die engele wag geduldig op Sy bevel, Hy is nie haastig nie… tel skulpies op en loop deur die water wat rustig teen die sand breek. Almal wag geduldig .  Hy klim weer op Sy perd en wys my om na die horison oor die see te kyk. ‘n Engel help my om regop te kom en wys ook met sy hand na die horison terwyl  hy my vashou, dan sien ek weer die geweldige groot golwe nader kom, ek druk net my oë toe en die golwe spoel meters hoog bo ons koppe oor.  Jesus tel my op Sy perd en ons begin weer vinnig vorentoe beweeg met dieselfde krag en spoed hardloop ons onder die seewater uit tot ons kom waar ‘n hawestad voor ons lê. Ek erken onmiddellik die plek as Durban alles is nog kalm en rustig hier. Jesus klim van Sy perd af. Ek kyk om en sien hoe Hy met ‘n engel gesels met Sy hand op die engel se skouer,  ek staan en kyk in die rigting van Durban. Die engelruiters kom nou verby, een kyk om en kyk my stip in die oë, doelgerig en onstuitbaar dwing hy respek en eer op my af. Hulle ry Durban in en ek sien hoe hulle mense optel van die grond af, hoe hulle stof en grond van mense se klere afskud, babas vashou en ou mense help om oor die weg te kom…. En dan…. Dan begin die mense sing met betraande oë en hande in die lig sing hulle tot eer van God, hulle loof en prys net die Here met blydskap en vreugde wat vurig uit hul straal.

Mag Durban se inwoners tot bekering kom sodat die Tsunami nie kom nie, 'n vloed van skade, maar God sal die mense van Durban kom help om hulle heil en redding te bewerkstellig en hulle geloof sal hulle red.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking