22 April 2014

RSA se sonde is groot 09/11/2010

God het gisteraand die sonde in ons land beklemtoon.  Ek wil julle vir 'n oomblik terugvat na die jare toe ek groot geword het: Elke kind wat saam met my op skool was het Jesus geken en ons almal het aan 'n kerk behoort, homoseksuele mense, prostetute en pornografie het nie bestaan nie, of as hulle daar was, het hulle dit in skaamte en in stilte gehou. Moord was iets wat jy nooit van gehoor het nie, jy het nie eers geweet dat mense instaat is tot so iets nie. Huise het nie diewering gehad nie en as daar heinings was, was dit om rondloper troeteldiere binne te hou... waar het hierdie lewenstyl heen verdwyn.

God vat my na die Voortrekkermonument, heel bo sit ek om oor die stad uit te kyk en dan staan ek voor 'n muur wat opgerig is vir die jong manne wat gesterf het vir ons land en by 'n boom van herinneringe vir 32 Bataljon. Op hierdie plek waar ek nou is word 'n uitbeelding gegee van die waardes van ons boerevolk, dit waarvoor ons voorvaders baklei en gesterf het. Het ons durf ons verlaat? het ons so deel geword met sonde dat dit nie meer vir ons saak maak nie? Eens het ons baklei om hierdie ongewenste elemente en kommuniste uit te hou, ek besef dat ons staande gebly het totdat kommunisme tot 'n val gekom het en dat ons hierdie ongewenste euwels met 'n stemmery ons land laat inkom het, maar moet ons dit aanvaar? Moet ons leef met die sonde?  Moet ons stilbly en die een wat tugtig veroordeel? ...

Nou sit ek op Tafelberg, onder loop mense op 'n strand kaal rond, geen skaamte nie, ek word by 'n klub ingeneem in Kaapstad, jong, jong kinders sit bedwelmd, ander is dronk en dan 'n gesig wat my naar laat voel, twee wat openlik seks met mekaar het, daar heers 'n gevoel van traak-my-nie-agtigheid, van wie gee om, van liefdeloosheid. Ek sien Moskee's wat blink staan, dit word aanvaar dat dit reg is dat mense ander gode mag dien, swart vrouens staan op hulle knieë en gooi dolosse, niemand rep 'n woord nie.

En dan is ek op 'n hoë gebou in Johanneburg, onder staan paleis van huise gebou, die blinkste grootste karre staan voor die huise, mense dra duur juwele. Niemand is tevrede om net meer middelklas te wil wees nie almal wil soos konings leef, jaag net geld, mag en rykdom na. Hulle soek nie die eer, rykdom en mag wat van God kom nie maar die soort wat hulle vir hulself kan bou.

('n Laaste ding: saambly is nie God se wil nie, HY koester die huwelik).

1 opmerking:

  1. Bostaande som die verandering van die tye mooi op. Soos geprofeteer, so het dit uitgekom. 0% afwykings. Dit word toegelaat om te gebeur en is in verskeie opsigte van voorbygaande aard, maar nie sonder sy uitwerking. Die gevolge van die sonde is die dood, volksmoord, genoside. Baie belangryke tye en lesse le voor. SA gaan nooit meer dieselfde word na die transformasie. Die saak moet in die duisternis sterf en ontkiem naar n nuwe begin. Ons sal onthou. Ons is die getuies van hierdie tye, tyd en n halwe tyd. Geen afwykings van profetiese boodskappe in die verlede oor hierdie tyd, en die tye wat voorle geregistreer nie.

    AntwoordVee uit