![]() |
Die hel: klippe, bosse, takke, donkerte, vuur |
25/07/2912 – 04/08/2012
My bewaarengel vat my na die donker grys plek en ek is bly
as ek sien Jesus wag vir ons daar. Die
Heilige Gees kan ek voel is ook teenwoordig.
Oppad hierheen het ek vir my bewaarengel gesê dat ek bang is om in daai
krater af te gaan maar is dankbaar dat Heilige Gees Homself openbaar het, dit
het vir my rustigheid gebring.
Ons almal stap na die krater met die gloed wat bo uit skyn,
ek bly tog maar skrikkerig as ons die
rant van die krater nader maar ek is verbaas om geen vlamme of vuur te sien nie,
ons begin afstap daarin, dis baie steil met los klippe, bome is droog maar tog
nog groenerig, baie droë take op die grond wat ruig is. Jesus loop voor en help my oor alles. Uit die hoek van my linker oog sien ek ‘n demoon
wegskram, hy lyk net soos wat baie mense hulle al voorgestel of geskilder het.
Maer, krom, bokbene en baie bang vir God se teenwoordigheid.
Ons loop nogsteeds teen die steil helling in die krater
af. Klippe en take rol die steiltes af
as ons deur takke klouter en kruip, bosse is ruig. Ons kom te staan voor ‘n swart masse water,
dis vreemde water, dis dik en taaierig. Ek
wonder hoe ons oor hierdie gaan kom want ek wil regtig nie hierdeur loop nie.
Ons begin loop en regs lê die donker poel en links is bosse waarin ek demone sien,
hulle word meer en meer soos ons aanloop. Dan stop Jesus in Sy spore, die water
lê
nou voor ons ook is asof die bosse voor ons te ruig is om verder te loop.
Ons staan na die water en kyk as Jesus afbuig en Sy vinger daarin
druk. As Hy opkom vryf Hy dit tussen sy
middelvinger en duim en dan besef ek dis nie water nie maar bloed want dit het
rooi geword tussen Sy vingers, swart bloed water.
Die swart bloedwater trek voor ons weg en ons stap verder
die paadjie op. Jesus gaan staan stil en
‘n groot krater is voor ons met ‘n rooi gloed vlamme wat daaruit kom. Ons staan nou in voor die krater en ‘n hand
kom uit en gryp Jesus aan die voet. Jesus
buk af en vat die persoon se hand en vir die oomblik wat Hy haar aanraak helder
haar gesig op, sy glimlag en beleef vir ‘n paar sekondes vrede, dan trek ‘n demon
haar weer in die vuur in.
‘n Man sit op ‘n rots, niemand het klere aan nie, en hy
skree, gil en vloek vreeslik, hou op vir ‘n rukkie en doen dit weer. Twee ander
mans begin in ‘n vuisgeveg betrokke raak, hulle probeer mekaar “doodslaan” en ‘n
vrou skop ‘n demon van haar af weg met mening.
Ek het nog nooit soveel haat, woede, verwyte en venyn gesien nie.
Terwyl die vlamme om die mense brand, beweeg hulle tussen
die vlamme deur maar dit brand nie hul liggame uit of dit brand nie soos vuur
nie. Die vlamme is al wat lig gee in hierdie donker hool.
As ons wegstap het ek 2 vrae aan Jesus:
- · Wat beteken die bloedwater?
- · In die Bybel lees ons dat daar verskillende grade van hel is so waar is die ander mense wat nie so erg gestraf gaan word nie? Hy het my kom antwoord hier met ‘n latere visoen wat hierdie mense wys.
Ons stap weer oor die grond na die krater toe. Ons stap op die rant van die tweede krater en
kyk oor die krater van vuur. Die bosse
wat ons deur gesukkel het is regrondom maar daars duisende demone daarin en die
mense wat gelukkig is om uit die krater te kom word net weer met mening deur
die demone in die bosse terug gestamp.
Die vuurkrater strek sover as wat my oog kan sien en die
bloedwater lê
voor ons. Ek sien Satan en van sy
travante (±
20 demone) kom oor die water aangestap, hul gaan staan voor die vuurkrater en
geniet die pyniging, haat en chaos in die vuur.
Satan draai om en het ‘n groot silwer beker in sy hand, hy skep skep dit
vol met die swart bloedwater, draai terug en hou dit omhoog. ‘n Oorwinningsbeker wat hy lig en dan maak
die Heilige Gees dit vir my duidelik waste water dit hierdie is.
·
Dis mense wat selfmoord gepleeg het, mense wat
vermoor is, onskuldige mense se bloed wat vergiet is, mense wat deur oorloë gesterf
het wat deur demoniese magte gelei is.
Dis hulle bloed wat in die water is. Satan was die aanvoerder van
hierdie mense se bloed wat gevloei het, hy triomfeer oor hierdie lewens wat
verlore gegaan het, hy voel oorwinnaar oor hierdie mense wat geval het voor sy slimstreke.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking