31 Maart 2014

Bemoediging en simpatie van God

God sal kom ingryp
1.   ‘n Vreesaanjaende ervaring wag op ons, maar vir gelowiges is daar niks om oor te vrees nie. Baie mense sal gelowig word as gevolg van hierdie beproewings.  Maar God sal ons genadig wees – hy stuur sy engele na hierdie volk wat van Hom afvallig geword het sodat ons weer kan terugkeer na Hom toe. Ons land sal weer groot en sterk word. Almal oor die wêreld sal notisie van ons neem, ons sal weer goeie geestelike vrugte dra en ons land sal weer goeie oeste oplewer.
2.    Jesus vra dat ons sal opstaan en sal wag in stilte, dit is nie meer lank nie, die tyd is gereed. As ons, ons toewy aan God sal selfs die armste persoon iets hê om te eet en die behoeftiges sal veilige woonplekke hê. Hy sal weer ons offers aanneemlik vind soos in die ou dae, soos jare gelede. Wees selfbeheers en nugter, moenie ophou bid nie, die einde van ons ellendes is naby.
3.    Die volk wat nou in donkerte leef, Luister: “Daar sal weer ‘n lig oor ons skyn.”
4.    Julle sal weer vir mekaar geskenke gee van goud en waardevolle juwele. Vir die wat ons land binne kom en ons mense verskrik en moor, vir julle en aan al die leiers in Suid-Afrika, die verteenwoordigers van die regering, die in diens van die land, is die boodskap: “Julle tyd is min, weet dat God Sy engele gestuur het om ons stede se ingange te bewaak, hulle staan in afwagting vir die regte tyd. Die Here sorg vir die wat reg doen en Hy luister na hulle gebede. Hy sal optree teen die wat kwaad doen en Hy sal sorg dat Sy woord kragtig sal groei en sterk sal word in hierdie land.
5.    Wanneer God ingryp sal alles ten goede verander, daar sal weer baie gelowiges wees en daar sal weer  vreugde en vrede heers  en  ‘n oorvloed van kos wees.
6.    Daar is baie gelowiges onder ons en God gaan aan julle reg laat geskied. Die land sal te hore kom van die vrede en geregtigheid wat gaan plaasvind. Moenie dink God sien nie die ongeregtighede raak nie.  God sien elkeen van ons se ellendes raak. God sien ons verdrukking en armoede, maar Hy sien ook die raak wat ryk is in Gees.
7.    God kom ons land skoonmaak. Die wat volhard en wat aan God behoort sal die land weer in besit neem. God hoor hoe sy kinders verkleineer en met minagting behandel word en hoe hulle grondgebied bedreig  word. Wanneer mense die ellendes sien gebeur sal baie hulle hul aan God verbind, ons sal weer God se volk wees en Hy sal by ons woon. Alle groepe sal weer offers aan God bring.
8.    Die einde van ons ellendes is naby wees selfbeheers en nugter en bid oor alles. Hierdie is nie nuwe dinge van God af nie maar ou nuus wat ons al lankal weet. Die duisternis is aan die verby gaan en die ware lig skyn alreeds maar moet niemand haat nie want anders bly jy in die duisternis.
9.    God sal ons seёn met goeie reёns, moenie ophou om offers vir God aan te bied nie.
10.    Tog sal God weer sy trou laat blyk en sal ons selfs in die nagte sing en bid tot ere van Hom. Ons sal hom loof oor dit alles wat Hy gemaak het. “Die tyd is nou gereed, luister na My.” Ek kom julle land red, My hand is vol mag. Die slegte mense stel vir hulleself strikke deur hulle dade en optredes, die opregtes SAL die nood in die land ontkom.
11.  God gee aan ons geloofsgenesers wat siekes kan genees en duiwels kan uitdryf.  Vertrou op die Here en laat Sy wil geskied.  Luister na die wyse mense onder julle eerder as na dwase se gepraat wat tot vernietiging lei.  Bewaar die waarheid en wysheid in julle harte, laat dit julle gedagtes vul.
12.    Elkeen wat gewillig is om te luister moet hoor wat die Gees vir die mense in die land wil sê.... Luister, moenie jouself op die skouer klop nie, laat prysing aan iemand anders oor.... Julle kan van My enige iets vra, My deur staan oop..... Moenie bang wees om julle gawes te ontgin nie.
13.    As die wêreld teen ons staan en 'n magtige leër teen ons optrek, moet nie bang wees nie. Al sou hulle ons aanval, selfs dan, bly hoopvol. God stap oor die aarde in verontwaardiging oor dinge wat Hy aanskou, Die wêreld verval en verwerp Hom maar Hy sal die nasies vertrap in woede. Maar weet dat die tyd van die Here se goedheid sal kom, Hy sal oordeel. Geregtigheid bewaar Sy onberispelike kinders. 
14.    Leer julle jongmense om die regte pad te kies, en wanneer hulle eendag oud is, sal hulle nie daarvan afwyk nie. Juis op grond van hierdie geloof wat ons van ons ouers ontvang het en dit wat vir ons behoue bly laat ons positiewe getuienisse lewer vir geslagte wat volg. 
15.    As mense maar besef dat God Sy engele in stormwinde en Sy dienaars in vuurvlamme verander, sou hulle vrees gehad het vir Sy straf. .... Ons skuite sal leeg lê en ons land word oorgegee aan wrede ongevoelige mense, hierdie mense sal net doen wat hulle wil en niemand sal hulle kan keer nie. Hierdie boosheid sal oor 'n lang typerk oor en oor gebeur maar met al hierdie dinge wat plaasvind sal ons nogsteeds nie sien of hoor nie, ons sal blind en doof bly. Maar God sê: Hierdie wreedheid sal nie sonder straf bly nie, die leuenaars, plunderaars en moordenaars sal hulle straf nie vryspring nie. WEET dat hierdie slegte mense se woorde en dade teen hulleself gaan tel en dat hulle in hul eie strikke sal val.
16    Die Here die almagtige God sê: “Julle sal weer eendag kontrakte kan sluit en voorspoedig wees. Ons sal weer huise, grond en plase kan koop. Ons is nou in ‘n tyd waar verwagtings nie realiseer nie en dit lei tot mismoedigheid maar neem die gelowiges wat ons vooruitgegaan het as ‘n voorbeeld vir hulle geduld en swaarkry. Onthou die Here sorg vir die wat reg doen, en Hy luister na hulle gebede, Hy is teen kwaaddoeners en sal optree teen hulle. God wil inkom deur ons poorte, maak die deure oop vir ons roemryke Koning.
17.    Die magtige Here sê: Nasies hê groot ontsag vir My! Ek gee voorspoed. Maar wanneer teёspoed kom, onthou, Ek gee die een sowel as die ander sodat die mens nie sal weet wat met hom sal gebeur nie. Ons boom van voorspoed sal so groei en grootword dat almal oor die hele wêreld dit sal sien. Die mense wat die Here dien, die Here sal na julle luister en hoor wat julle sê. Die mense wat die Here met ontsag dien en met agting leef vir sy Naam sê die magtige Here voor: “die dag as Ek ingryp, sal julle my kosbare besittings wees. Ek sal sagkens met julle werk soos ‘n pa met sy kind.
18.    God sal rekenskap kom eis van elke persoon wat ellende op hierdie land bring daarom sê Hy dat die wat bloed op hul hande het, sal deur "vuur" verteer word, God sal WEER vrede bring. Suid-Afrika SAL bekeer en God aanneem en hulle sal getuig watse groot dinge Hy vir ons gedoen het. 
Die wat sarkastiese en neerhalende uitlatings oor ons God maak en wonder hoe Hy ‘n verskil kan maak en ons land tot verandering gaan bring, hierdie mense sal in bewondering staan hoe God ons gaan kom bevry en red.  Maar God vra: " Moet hierdie mense nie oordeel nie, onthou dat ons almal daar was, dat ons almal slawe van sonde en dwaasheid was, moet hulle nie oordeel nie, maar laat hulle toe om tot bekering te kom sodat hulle in die Gees kan groei, bid vir Suid-Afrika en bid vir elkeen wat nog in die donker beweeg".
19.    Mag God ons genadig wees, daar sal 'n tyd kom wat God ons land se lot gaan kom verander, almal sal juig en bly wees en die vreugde deel. God sal ‘n nuwe verbond met ons sluit en ons sal weer vrugbaar en voorspoedig wees. Niemand in die wêreld dra saam aan ons bitterheid en ellendes nie en so sal ons, ons vreugdes ook alleen dra. God het ‘n muur om ons gebou, waaruit dit voel of ons nooit gaan kan uitkom nie, Hy het swaar kettings om ons gehang, maar dink net aan God se grootheid: As Hy seewater kan laat saamkom soos ‘n dam en water op een plek kan opgaar dink net wat Hy alles vir ons kan doen as ons na Hom terugdraai en Sy bevele gehoorsaam, as ons na Hom luister, en Hom die eer gee vir alles.... dink net wat Hy vir ons kan doen.
20.    Weet waar jy skuiling kan vind, weet waar jy jou beskerming moet vra, Suid-Afrika sal weer oorwinningsliedere oor God sing.
21.    Al die mense in die land sal nog die verlossing sien wat van God gaan kom. Deur ons geloof sal God Sy beloftes aan ons kom vervul. Sy gedagte is alreeds gevestig en Sy woord gaan tot uitvoering kom God hoor hoe Sy kinders verkleineer en met minagting behandel word en dat mense in vrees leef oor hul grondgebied wat opgeёis kan word.  Die Here sê: “Die verbond wat Hy met ons sluit kan nie verbreek word nie”.  Hy wil Sy volk, Sy kinders en die staatsleiers kom red, op die ou einde sal die goddelose verpletter word en Hy sal hulle kaal stroop.
22.    God sal die een wees wat op die ou einde oorwinning gaan behaal en niemand sal julle kwaad kan aandoen as jy, jou beywer vir die goeie nie, God rig 'n waarskuwing: Wees versigtig om nie te oordeel nie".
23.    Moenie bang wees dat leed julle aangedoen sal word nie want Ek sal julle mag gee tot oorwinning omdat julle My kinders is.
24.    Die Allerheiligste stuur Sy engele om Sy kinders te beskerm. Weet waar jou hulp vandaan kom. 
25.    My guns sal op My kinders daal, Ek sal kusstreke gee vir julle as woonplekke, julle sal voorspoedig word en sal weer rustig kan slaap want Ek sal My ontferm oor My kinders. Ek sal My ook ontferm oor die kinderloses en hul harte verbly, prys die Here. 
26.    Ek sien die gelowiges se offers en Ek hoor julle gebede. Ek sal vir julle uitkoms bring. 
27.    Net soos wat aardse vaders hulle kinders straf, net so kom help God Sy ongehoorsame kinders reg wat Hy liefhet.
28.    Wanneer mense wegdwaal van God af word leuens en valsheid tweede natuur by hulle. Wanneer Ek ingryp sal die volk nie meer onreg doen nie, mense sal weer begin om net die waarheid te praat, uit jul monde sal daar geen valsheid meer kom nie. Ek sal sorg dat julle weer rus en vrede beleef. 
29.    PRETORIA (ons hoofstad wat misken word) -Hierdie stad se fondamente is op God gebou. Die mense van Pretoria wat God hul aanvoerder maak, kom nie in opstand, hits nie mense aan of stig oproer oor die behoud van hulle stad nie, inteendeel, hulle het ingesien om eerder die taak toe te vertrou aan God en die behoud tot uitvoering van alles aan Christus oor te laat en ook Hom te vertrou dat Sy tyd soos Hy bepaal om alles te verenig onder Hom sal geskied.  Bly al julle aandag aan gebed en die bediening gee en al voel dit of julle werk soos slawe, doen julle werk met lus asof jy dit vir die Here sou doen en nie vir mense nie. Onthou selfs die engele in die hemel aanbid Jesus, hoeveel temeer het julle Hom nie nodig nie. God sien raak hoe milderik hierdie stad omsien na armes, wat hulle doen, is reg en blywend, die stad verdien 'n hoë aansien. Maar God sien ook hoe die mense in hierdie stad tans platgeslaan is en die wat hard werk bekommerd is.  God herinner ons dat wysheid nie so ingewikkeld is soos wat mense dink nie en dit vra ook nie baie om iets blywends tot stand te bring nie en al die sondes wat ons doen: “Jesus sê bring dit na My toe dat Ek dit vir julle vergewe.” Die gelowiges staan sterk teen duisende aanvalle maar God sal Pretoria se heerskappy bestendig hou want Hy het dit beloof aan ons voorouers. Dit verseker Jesus vir ons: “Hy is die ingang van hierdie stad.” Vanweë ons geloof  en die gebede wat opgaan na Hom, het God hieroor bevestiging kom gee en elke offer wat opgaan na Hom, neem Hy aan. 
30.    God sal Sy kinders red. Hy verpleter die aanvoerder van die bose, Hy sal die goddelose van kop tot tone kaal stroop. 
31.    Hierdie SAL gebeur. Ons sal God prys en Sy Naam sal altyddeur geloof word in hierdie land. Die mense in die land sal nie meer onreg en leuens verkondig nie, geen valsheid sal meer uit hulle monde kom nie. Rus en vrede sal vir ons almal beskore wees. Duisende mense kry nou swaar maar julle moet net geduldig wees ons uitkoms is naby, God sal ons herstel nie langer laat wegbly as wat dit nodig is nie. 
32.    God weet dat daar leiers was en is wat slinkse planne beraam wat ons voorouers en ons volk tans baie pyn en lyding besorg (Ons gaan nou deur wat ons voorouers ook beleef het in ABO en ander vryheidsoorloë).
33.    Die opsweping van skares en onluste maak mense siek van bekommernis.  Onregverdige arrestasies sal mense platslaan.  MAAR God sal 'n vlag kom oprig tussen ons en SAL ons weer bymekaar bring, die Suid-Afrikaners wat verstrooi is oor die wêreld sal terugkom.
34.    Met goeie beplanning sal oorwinning kom, hoe meer raadgewers koppe bymekaar sit hoe beter is die uitkoms. Julle almal deel saam in God se onverdiende goedheid. As Hy praat, gebeur dinge; as Hy beveel gebeur dit. 
35.    So sal God, ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van onverdiende goedheid, die goedheid wat God ons deur Jesus Christus gee, sal as bewys dien. Deur Jesus wat alles wat goed is verdien sal my God uit Sy ontsaglike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. 
36.    My kinders sal vir altyd bly voortbestaan, vir geslag na geslag sal julle daar wees. Die oortredings van My volk wat ek nog nie vergewe het nie, sal Ek vergewe. Ek die Here, sal Suid-Afrika My blyplek maak. Daarom, as mense julle met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal julle nie soos klein kindertjies wees nie, julle sal standvastig en gehoorsaam wees. Julle sal nie omgewaai of weggewaai word deur winde wat Satan blaas om onstabiliteit en vrees te bring nie, julle sal sterk wees teen elke ding wat ongelowiges en ongeregtiges kwyt raak om My volk tot 'n val te probeer bring. 
37.    Raad van God aan mans: Behandel jou vrou met respek, leef saam met haar met die wete dat julle saam deel het aan die lewe wat God as geskenk gee. As jy haar respekvol behandel sal jou gebede nie blokkeer word nie. 1 Petr 3:7
38.    Te midde van ons sonde bring God bemoediging:  Suid-Afrika se stede se lig sal na ander nasies skyn, God sal ons land kom ophef en optel dat hooggeplaasdes en mense van aansien hulle skatte hierheen sal wil bring.
39.    Openbaring rondom Eugene Terre’blanche - Selfs korrupte mense kom tot bekering en word gedoop, maar wat moet ons doen in hierdie tye van beproewing? Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir My baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus weer aan die wêreld geopenbaar sal word. God sê: “Eugene Terre’Blanche het geleef vir My en Ek sal julle seёn met nog sulke kinders in sy plek.” Die hele land het groot geskrik en almal wat hiervan gehoor het, het ook geskrik. Dit sal skemer word vir die slegte mense wat sonder enige respek optree voor die Here.
40.    As ons glo, sal ons offers aanneemlik vir God wees. God sal ons offers aanvaar as ons alles oorgee en ons geloof in Hom plaas dan sal Hy aan ons bevestig dat ons regverdig is en sal Hy Sy genade op ons bring. Word wakker en herstel wat nog oor is van die land, deur gebed en geloof, 'n land wat op die drumpel van die dood staan.
41.    ‘n Man van hoё afkoms (Prins William) sal koningskap bekom en ‘n goeie vrou kry, hy sal geluk vind. Hy geniet die goedheid van die Here. Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker sal die tyd aanbreek. Daardie dag wanneer hierdie dinge waar word sal daar ‘n altaar vir die Here in die hart van ons land wees, en ‘n monument vir die Here by ons grense.
42.    Vrede sal weer tussen ons wees, ons land se mense sal in vrede met mekaar leef, geen oorlog en geen geweld. Julle sal leef om vrede na te streef.  Tot hiertoe het Ek julle genade betoon, Ek was nog altyd by julle.
43.    Die wat rein en suiwer leef in die Naam van Jesus, die wat bedrog en valsheid vermy sal deur My gemerk word en julle sal die Heilige Gees ontvang. Ek het My boog uitgehaal en My pyle gespan om My volk weer in besit te neem, almal sal weer voor My kom kniel.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking