05 Maart 2014

Waar is engele in ons nood

Waar is engele in ons nood?
Seker die bekendste Psalm is waar God die belofte aan Sy kinders maak: Ps 91: 11-12 Want Hy sal sy engel beveel om jou op al jou weë te beskerm.  Hulle sal jou op die hande dra dat jy jou voet nie sal stamp nie. En dan is dit Jesus wat aan die woord is in Mat 18:10 “Maak seker dat julle nie op een van hierdie kleinstes neersien asof hulle onbelangrik is nie.  Besef julle dat die engele in die hemel wat oor hulle waak, elke oomblik in die teenwoordigheid van My hemelse Vader verkeer?”

Nou vra ‘n hartseer ouer die vraag aan God: “Hoekom het U dan nie U engele opdrag gegee om my kind te beskerm nie”. Waar was U engele toe my ouers vermoor is of toe ek verkrag is?
Soos die engelse dit uitdruk: Why do bad things happen to good people?
In hierdie wêreld van gevaar en hartseer moet elkeen van ons siekte, ongelukke of beproewings hanteer. God laat toe dat mense soms die moeilike of pynlike dinge in die lewe moet deurmaak.  Kyk net wat het Job alles deurgegaan.  Ons sien soos genoem in Ps 91 dat engele wag op God se bevel om mense te beskerm.  Dit gaan nie soseer oor die beskerming van engele of nie, dit gaan oor wat God se toelaatbare wil is, as God wil hê dat, kom ons sê vir argumentsonthalwe, ons in ‘n ongeluk sou kom, kan Sy engele teenwoordig wees maar mag hulle niks doen om die ongeluk te verhoed nie, want hulle weet dat God ‘n groter plan het met die gebeure of beproewing. Wat sou gebeur het as al Jesus se dissipels lekker geleef het en elkeen afgetree het met ‘n huisie by die see, sou hulle dieselfde impak gehad het met wat die evangelie vir ons moes uitdra? Nee, dit sou nie, maar met elkeen van hulle wat wreed gesterf het, het hulle tot die einde toe bewys dit maak nie saak wat die lewe na hulle kant toe gooi nie, hulle sal God nooit verlaat nie, hulle sal eerder sterf vir Hom op hierdie maniere en Hom verheerlik want hulle het die waarheid geken en was bereid om daarvoor te sterf, met God se engele aan hulle sy.

Van die begin van die mensdom is daar oorlog, moord, verkragting, roof ens, dit sal nooit ophou nie, inteendeel dit gaan vir ons net moeiliker word en dit sal net uit die genade van God ons ontwyk of verlig word.  Die vraag wat jy moet vra is nie hoe ek sterf nie, die vraag moet wees waar gaan ek heen as ek sterf? Ongeag van enige slegte ding wat met ons gebeur God beloof Sy liefde, bystand en krag aan ons.
Lees hoofstuk 12 hier onder, waar Gabriël aan Daniël verskyn het, dit sal meer insig bring rondom hierdie vraag.  Daar het ook talle dinge in jou lewe gebeur wat jy nie eens bewus is hoe engele jou beskerm het nie, eendag sal jy verbaas staan as hierdie dinge aan jou ontbloot gaan word, jy sal verstom wees om te sien hoeveel keer God se engele die bose van jou weg gehou het en hoe groot God se genade op Sy kinders was.

  • Geestelike beskerming: Engele werk konstant agter die skerms om ons teen die bose te beskerming.  Hulle kom te staan teen donker magte en sal tot die voleinding van die wêreld oorlog maak teen hulle, nie net om hulle uit die hemel te hou nie maar om hulle bose planne te stuit wat hulle tot uitvoering in ons lewens wil bring. Om hierdie te vermag werk hulle onder magtige engele se instruksies. In Eks 23:20 kan ons sien hoe hierdie bewaarengele werk.

  • Fisiese beskerming: Omdat hulle ons male sonder tel fisies beskerm van gevaar sodat ons God se doel in ons lewens kan bereik. In Dan 6 het ‘n engel die bek van leeus gesluit en so ook in Hand 12 is Paulus uit die tronk bevry.

  • Spesiale beskerming aan kinders:  Kinders weet nie hoe om hulleself te beskerm nie so natuurlik het hulle meer beskerming nodig.  Mat 18:10 gee vir ons hierdie berusting.

Getuienisse waar engele mense bygestaan het:
http://faihtap.com/865/bruce-van-natta-saved-by-angels


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking