04 Maart 2014

Engel beskerming

Engel Beskerming
Sommige mense glo dat elke goeie mens ‘n engel het terwyl ander weer glo dat net Christene engele het. As ons Luk 15:10 lees kan ons sien dat engele verheug is wanneer ‘n persoon tot bekering kom hulle toon blydskap vir net een mens se bekering. Ons kan ook sien dat engele aan sekere mense toegeskryf word vir versorging en beskerming soos bv in 1 Kon 19:5-8 waar ‘n engel vir Elia versterk het. Hebr 1:14 "Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?" Engele se hoofdoel is om te beskerm, die Bybel beloof dat die engele die sal beskerm wat Hom volg.
Maar wat van die wat nie glo nie, kan hulle op dieselfde beskerming aandring? Nee, die belofte is vir die wat Sy familie is en nie die wêreldse familie aankleef nie. Ps 34:8
Maar beteken dit dat God ongelowiges hier uitsluit? Weereens 'n Nee, Hagar was nie deel van die familie van gelowiges nie maar ‘n Egiptiese slavin en God het in die vorm van ‘n engel aan haar verskyn. Gen 16:11 So waarom verskyn hulle dan aan ongelowiges? Dit is Sy besigheid en Sy bepalings, Hy is genadig. Sy seën reën op almal. 

Maar as ons kyk na ander gelowe wat ook onwrikbaar glo in engele se beskerming laat dit ‘n mens met die vraag: Bedien hulle werklik net God se kinders? Om hierdie te beantwoord moet mens kyk hoe ander gelowe engele sien.
  • As die Moslems kan glo in Jinn (demone wat goed is) hoe kan hulle ‘n verskil bepaal tussen engele van God en goeie demone?
  • Boedhiste glo in Devas (engele) en om hulle in jou gedagtes te laat kom moet jy deur ‘n ritueel gaan genoem Sila wat ‘n bewuswording totstand bring wat tot jou innerself gekonnekteer is. Alles gaan oor jouself en geen eer word aan God gebring nie.
  • Hindoes glo ook in Devas (engele) maar dat hulle mense in hul vorige lewe was, hul glo dat mense     reïnkarneer in engele. Volgens hierdie geloof moet elke mens so leef volgens die “Bhavagad Gita” om hierdie wesens te kan word in jou volgende lewe.
Ek glo in wat Dawid vir ons leer, hulle hou wag oor die wat Hom dien maar ook dat Hy nie Sy genade aan ander uitsluit nie. Engele sal aan ongelowiges ook verskyn om hulle tot inkeer te bring maar engelbeskerming ontvang ‘n mens as jy die Drie Enige God aangeneem het.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking