Doopengele |
Jesus gaan sit op die rand van die fontein met die engel kniellend voor Hom, water drup van Jesus se hande af in die engel se hande in. My brein werk oortyd om te probeer verstaan wat Hy vir my wil sê. Ek maal alles deur my kop, God is die fontein van lewe, water bring lewe, Jesus is die bron van lewe… so dink ek maar sukkel om die betekenis te ontsyfer. As ek my oë so op die water hou wat drup in die hande van die engel snap ek ewe skielik wat Hy probeer sê: “Dit gaan oor die doop, skree ek hier in my binneste uit”. Jesus se gesig helder op en Hy gee my ‘n “Hi five” toe ek dit eintlik gesnap het. Die engel glimlag ook breed, hierdie engel behoort aan ‘n “orde” wat met elke doop betrokke is. Met elke doop oorhandig hulle namens God die water van die lewe, die bron van voeding, die fontein van die waarheid, die weg na waters waar rus is. Met ander woorde elke mens se begin is met hierdie vooruitsigte wanneer jy gedoop word. Dit hang van ons af hoe ons dit ontwikkel en hoe ons geestelik daarmee groei. Is dit dalk hier waar ons, ons beskermengele ontvang?
Maar dit laat dan ‘n nuwe vraag by my, is dit net mense wat gedoop word wat beskermengele ontvang….. Ek sal eerder hou by Ps 34:8 Want die engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking