20 Februarie 2014

Troon Engele (Thrones)

Die laaste orde van die eerste sfeer van engele.

Ons kry drie uitbeeldings van hulle, nl:
  • Ons lees van hierdie engele in Kol 1:16 en Efe 1:21, saam met heerskappy, owerhede, kragte en magte. Soos wat God op aarde trone vestig so het Hy hulle vir die Hemel ook geskape. Hierdie engele sit soos konings op trone en beklee magsposisies. Wanneer Paulus die engele as Trone beskryf is dit duidelik dat hulle vir Christus geskape is en hulle Hom dien. Hulle wat op hierdie trone sit, sit in die onmiddellike teenwoordigheid van God. As ons verwys na die Trone in die hemel is hulle verhewe bo die ander omdat hulle toegang het tot die onmiddellike woord van God. As gevolg van hul hoë posisie is hulle verantwoordelik om die boodskappe van God oor te dra na “minderwaardiger” engele onder hulle.  

  • In Esegiël 1 word hierdie engele ook as wiele met oë voorgestel. As ons kyk na die simboliese voorstelling van die wiele is dit duidelik dat hulle verantwoordelik is vir die vlot beweging van die Hemelse wesens. Hulle word ook genoem die wiele van God se strydwa of Ophanims. Al word hulle so bizar voorgestel word hulle beskryf as die wiele wat alles in die Hemel, Kosmos en op Aarde laat beweeg, soos Esegiël opgemerk het in Ese 10: 13 “is hulle voor my ore die ratwerk genoem.” Hulle is bedek met oë wat God se on- en voorsienigheid vir die toekoms vir ons uitbeeld. Hulle word gekonnekteer aan Gerubs omdat die Gerubs se gees binne in hulle is, met ander woorde hulle werk soos een gees saam Ese 10:17.
  •  In Dan 7: 9 ….trone reggesit is en 'n Oue van dae gaan sit het; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan 'n brandende vuur. Hier word hulle beskryf as die trone wat neergesit word, hier word hulle gesien as materiële trone waarop God rus.
  •  Hulle word so uitgebeeld omdat hierdie trone bo-kant die Aarde verhef word, m.a.w hulle word verhef tot die onmiddellike Woord (gedagtes) van God, bo alles.
  •  Tweedens word hulle materialisties uitgebeeld wat sterkte en stewigheid weerspieël, hulle is deur God sterk en standvastig gemaak.
  •  Derdens ontvang hulle God wat op hulle sit, met ander woorde, hulle dra en begelei Hom.
  •  Vierdens as gevolg van 'n troon se vorm wat aan die een kant oop is, simboliseer dit dat hulle God ontvang in hulle midde en Hom dien.

2 opmerkings:

  1. 2 Kor 10: 3-6 benadruk die feit dat Christene nooit sal verstaan hoekom die dinge met ons gebeur wat gebeur, indien ons nie die geestelike oorlogvoering ernstig opneem nie. Te veel Christene lag die realiteit van die bo-natuurlike af, te veel steur hulle nie aan die bestaan van die geestelike magte van God of die bose nie. Daar’s heeltemal te min Christene wat hierdie bo-natuurlike wêreld ontgin of wat nie ingaan om dit te ontrafel nie. Daar word te veel gewaarsku om nie betrokke te word in hierdie dimensies nie en daar word te veel mense getugtig omdat hulle die waagmoed het om hulle gawe in hierdie geesteswêreld te ondersoek. Hopeloos te veel onkunde heers oor hierdie onderwerp ten koste van God se koninkryk en tot voordeel van Satan. God wil reeds hê dat ons moet verstaan hoe hierdie wêreld werk en hoe Hy dit alles aan mekaar gesit het tot beskerming en ondersteuning van ons. Dit is een van die redes hoekom Hy aan profete, engele op sulke bisarre maniere, kom openbaar het in die Bybel. As ‘n mens verstaan wat hierdie openbarings beteken, dan sal jy verstaan hoe dit alles werk.

    AntwoordVee uit
  2. daar was 1400 jaar tussen moshe en Yeshua, die gevolg is dat van die fariseers Hom aan die kruis gehang het. daar is nu omtrend 2000 jaar tussen Hom en hierdie tye. 600 jaar meer om dinge regtig mooi op te foeter. Soos Hy nie gekom het vir fariseers in die ou tye , maar eerder vir hulle oordeel, gaan Sy wederkoms vir naie christene nie n seen wees nie.... n varkie is net nie n skapie nie

    AntwoordVee uit