21 Februarie 2014

Heerskappy engele


Heerskappye beklemtoon die konsep om te heers, hulle heers oor spesifieke gebiede en is aangestel om opdragte tot die fynste detail uit te voer. Waar die eerste sfeer se engele om God en Sy Troon gegaan het is hierdie engele aangestel om beheer oor die werêld en sy mense uit te oefen. Hulle deel van die hiërargie van hemelwesens is om ondergeskikte engele se pligte te reguleer, ons kan hulle amper sien as tipe “supervisers”. Daar word ook genoem in ander geskrifte dat Aardsengel Zadkiel die leier van hierdie orde is.


  • Hulle ontvang opdragte van die Trone en rapporteer ook terug aan hulle.

  • Hulle is die engele wat soos voorsitters optree oor nasies en mense. Persoonlik sien ek hulle as die heersende groep wat beheer oor die wêreld uitoefen. Hul taak is om te sorg dat God se Heerskappy op Aarde bestuur word, om te verseker dat God se Koninkryk effektief gelei word.

  • Hulle word geken aan hul leiereienskapvermoëns oor ander engele en oor genade wat hulle teenoor mense betoon. Hulle laat die mens God se genade en liefde beleef.

  • Word gekenmerk aan hul Goddelike wysheid, word ook genoem geeste van wysheid.

  • Word ook gesien met swaarde of septers.

  • Hulle beheer die boeke van Goed en Kwaad en word ook gesien as die bewaarders van die Geskiedenis. Hulle skryf alles, van elke mens op.

  • Hulle dra die gewete van die mensdom (the good, the bad and the ugly) en is ook die engele van geboorte en van sterftes. Skryf die naam van elkeen in ‘n boek op.

1 opmerking:

  1. hoe weet ons of al die inligting rakende engele waar en korrek is?
    Die grootste faktor is die werking van die Heilige Gees deur openbarings aan kerkvaders, gerespekteerde geestelike mentors, profete en ook gewone mense, literatuur soos die Bybel, apokaliptiese en historiese boeke word alles ingespan om die bestaan van engele te bevestig en te verduidelik. Hierdie mense probeer om engele se funksies vas te pen op grond van visoene wat ontvang is of deur die influistering van die Heilige Gees. En dan is daar natuurlik duisende mense se ooreenstemmende getuienisse wat deur die eeue opgeteken is wat vir ons ‘n bewys is dat die inligting waar en juis is. Maar daar is nog baie verskille rondom die hirargiese plasing en oor die uitbeelding van hulle take of funksies.

    AntwoordVee uit