23 Februarie 2014

Owerheid Engele (Authorities, Virtues)



Efe 3: 10 Sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word.

  •  Owerhede se outoriteit is net soos op aarde, om mag en gesag uit te oefen. Hulle werk saam met Heerskappy engele en word ook gesien as veg engele maar hul hoofdoel is om toesig te hou oor die verspreiding van mag onder die mensdom, vandaar hul naam.  Hierdie engele se taak is om oor stede, groepe en agentskappe wag te hou. Hulle missie is om koninklikes, regters, presidente, politieke- en kerkleiers ensovoorts te beskerm en om insig en instink te gee dat mense met wysheid en geregtigheid sal regeer. Wanneer ons bid vir hierdie engele se bystand sal hulle toesien dat opdragte of reëls toegepas word, hulle sal deur instink mense die regte besluite laat maak. Deur hul outoriteit is hul in beheer van omstandighede en sal bonatuurlik toesien dat mense sal luister.  

  •  Hulle hoof aanvoerders is Raquel, Anael, Cerviel en Nisroc. Hulle veg onophoudelik vir die goedheid van die mensdom.  Daar word vertel dat hierdie engele “schemes”en truuks kan keer voordat dit gebeur. Hulle laat die rooi ligte flikker “gee waarskuwings” wanneer die mense oor wie hulle aangestel is nie seker voel oor besluite of wanneer iemand hulle wil indoen. 
  • Hulle is organiseerders van die Christelike geloof en stuur energie uit om positiewe aanslagte in God se kerk te behou. Hulle sien dat geregtigheid geskied en reguleer chaos. Hulle sal boodskappe na jou bewaarengel toe stuur as iemand jou wil te na kom.  Hulle ontsyfer versteekte agendas.  Hulle beskerm jou huis, jou familie, jou eiendom of aan enige groep wat vir God vra vir beskerming.

1 opmerking:

  1. Hoe weet ons of al die inligting rakende engele waar en korrek is?
    Die grootste faktor is die werking van die Heilige Gees deur openbarings aan kerkvaders, gerespekteerde geestelike mentors, profete en ook gewone mense, literatuur soos die Bybel, apokaliptiese en historiese boeke word alles ingespan om die bestaan van engele te bevestig en te verduidelik. Hierdie mense probeer om engele se funksies vas te pen op grond van visoene wat ontvang is of deur die influistering van die Heilige Gees. En dan is daar natuurlik duisende mense se ooreenstemmende getuienisse wat deur die eeue opgeteken is wat vir ons ‘n bewys is dat die inligting waar en juis is. Maar daar is nog baie verskille rondom die hirargiese plasing en oor die uitbeelding van hulle take of funksies.

    AntwoordVee uit