24 Februarie 2014

Krag engele (Powers)





·         Hierdie engele is oor die kosmos aangestel, hulle beskerm die kosmos en mensdom teen bose magte. Hul hoofdoel is om die Aarde en Hemel in stand te hou en om na die skeppingswerk van God om te sien.  Iets wat hierdie engele besonders maak is hul grote, waar hul soms tot kilometers lank is, hulle word ook beskryf as die “werkesels”.  Hulle beskerm God se skeppingswerk en dit is ook hulle taak om die woeste storms, wind en verwoesting wat die einde van die tyd inlei, in bedwang te hou. Krag engele assisteer ook Owerheid engele in hul taak om lande, stede, gemeenskappe ensovoorts te dien.

·         In Openbaring 10 lees ons van hierdie ontsaglike groot engele:  EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en ’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur. In sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land en hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor. En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie. Die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie. Maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.


·          As ons lees in 1 Pet 3:22 Jesus Christus wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is, sien ons dat wanneer verwys word na Krag engele, wys dit daarop dat hulle nie alleen die bevoegdheid het om krag uit te oefen nie maar ook die bevoegdheid het om dit te gebruik. Hulle word stromwinde en vuurvlamme, hulle kan boodskappe dra na die mense deur wind, wolke, weerlig en kan ook aardbewings veroorsaak. Hulle beskerm en ondersteun nie net nie, maar is ook uitstekende vegters.  

1 opmerking:

  1. Al wat engele kan en moet doen is om die pad oop te hou vir die bereiking van die saligheid vir ons mense. Dus ‘n beskermingsdiens in 'n uiters vyandige omgewing. Dit is egter belangrik om bewus te wees van die geskiedenis van die engele. Hoewel God aanvanklik alle engele geskep het, het ‘n sekere gedeelte van die engele afvallig geraak. God is steeds magtig bo hulle en hulle kan slegs bestaan in soverre God vir hulle bestaansruimte toelaat. Dit kan ook vergelyk word met die geskiedenis van die mens. God is ook die skepper van alle mense. Maar as gevolg van die sonde van Adam word elke mens in sonde gebore (Ps 51:7). Sondige en on-wedergebore mense staan ook teenoor God in die sin dat hulle bestem is vir die ewige oordeel, maar dit beteken nie dat God die bose geskep het nie. Dit beteken wel dat God beide engele en mense met ‘n vrye wil geskep het. God het dus ‘n bepaalde vryheid gegee aan Sy skepping. Die Satan en sy magte staan dus inderdaad in stryd met God en Sy magte, maar God laat hulle slegs beperkte speelruimte toe. Daar sal ‘n dag kom wanneer God alle bose magte finaal gaan verslind (Op 20:9; Rom 16:20). As ons Open 7 reg verstaan kom maak God hier ‘n belofte dat Sy kinders nie die oordele van die eindtyd sal tref nie, dat engele Sy kinders sal merk en sal beskerm, as die seël van God op jou voorhoof is, hoef jy nie die basuine van oordeel te vrees nie.

    AntwoordVee uit