25 Februarie 2014

Magte of Leërmagte engele


God se Leërmag wat vandag nogsteeds in groot gevegte teen Satan betrokke is. 
Leërskare of magte beklemtoon militêre organisasie. Teen bose engele werp die HERE Sy Engelemagte in die stryd. Al Sy sigbare en onsigbare, trone, heerskappye, owerhede en magte.

  • 1 Kon 22:19 En Miga praat verder: “Hoor die word van die Here! Ek het die Here op sy troon sien sit met die hele hemelse leërmag wat weerskante van Hom staan.

  • Mat 26:53 Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie……. As ons vra sal God Sy Leërmag engele vir ons beskikbaar stel, na Sy wil.

  • Jes 13:4-5 Hoor, ‘n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, ‘n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die Here van die leërskare hou wapenskouing oor ‘n oorlogsleër. Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.  

  • Die vraag in Ps 68:18 is: “Is dit God se leërmag wat Sy strydwaens beman”. Die skitterende strydwaens van God was duisende, duisende der duisende, toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het.

  • ‘n Plek in die Bybel waar ons die grote van hierdie magte kan visualiseer is in 2 Kon 6:16 Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. Perde, strydwaens, engele almal is ingespan om Elisa te kom help.

Wat meer kan ‘n mens nog sê oor hierdie Magte, die Bybel is so duidelik daaroor. Hulle word uitgestuur ter wille van elkeen wat die saligheid sal erf. Hulle beskerm die Kerk van Jesus Christus. Hulle kan gesien word as die engele wat die grense van die Hemel beskerm, ‘n elite eenheid, die hooflyn van verdediging teen demoniese aanvalle in die Hemel en op Aarde.

1 opmerking:

  1. Daar is nege ordes, ek het volgens Kol 1:16 en Efe 1:21 gegaan en daarvolgens gewerk. Engele word 273 keer genoem in die Bybel, in 33 van die 66 boeke. In die Ou Testament word engele 108 keer in 18 boeke genoem en in die Nuwe Testament 165 keer in 15 verskillende boeke.

    AntwoordVee uit