26 Februarie 2014

Aardsengele: Migael

Migael die leier oor alle engele
Die aartsengele kry ‘n besondere bevoorregte posisie, in die grootste gedeelte van die Hebreeuse Bybel is engele naamloos, maar in die boek Daniël word twee van die aartsengele by die naam genoem: Migael, Dan 10:13; 12:1 en Gabriël Dan 8:16; 9:21. Hulle word ook in die Nuwe Testament genoem  waar God vir Gabriël na die maagd Maria stuur om vir haar te sê dat sy swanger gaan word, Luk 1:26  en in Openbaring 12:7 veg Migael en sy engele teen die draak en sy engele. Raphael word ook in die Apokriewe boeke genoem as ‘n Aardsengel.  Sekere bronne gee 7 Aardsengele aan naamlik: Gabriël, Migael, Raphael, Uriël, Raguel, Remiel en Sariel.


MIGAEL:  ”Wie soos God is”.
Hy is aangestel oor al die engele, dit sluit die engele van die hoogste orde ook in. As ons lees met hoeveel respek en eer daar van Migael geskryf word in die Bybel, is die vraag inteendeel wie word die hoogste aangeslaan, die Gerubs of die aardsengel Migael? Lees hierdie dan besluit jy vir jouself: Migael is die een wat Satan oorwin en uit die Hemel gewerp het.  Sy swaard word nie net gebruik teen Satan nie maar ook teen mense.  Hy word uitgebeeld soos ‘n mens en dit is hy wat die bevel gaan gee van Jesus se koms met die eindtyd. Hy word gesien as die belangrikste leier in die hemel. Hy word in Daniel 10:13 genoem een van die vernaamste vorste en in Daniel 12:1 word hy genoem die groot vors. Daar is net een groot vors en dit is hierdie Aartsengel. Groot vors en eerste prins beteken basies die selfde en is die twee Hebreeuse name wat vir Migael gebruik word. Hy is ‘n militant, 'n vegter en lojaal aan God.
As gevolg van sy posisie het hy spesifieke verantwoordelikhede:
•    Hy is in bevel van die ander engele en moet beheer uitoefen oor hulle.
•    Migael het ook die titel van hoof prins. As ‘n hoof prins is Migael verantwoordelik vir die volk van Israel en dit is waarom dit Migael was wat die liggaam van Moses beskerm het in Judas 1:9  en in Daniel 10:13-21 maak Migael seker dat Daniël die nodige openbaringe aangaande Israel se toekoms ontvang. In Daniel 12:1 sien ons dat dit Migael is wat vir Israel gaan beskerm gedurende die groot verdrukking.
•    Toekomende pligte wat aan Migael toevertrou is, is om die aankondiging van die wegraping te doen. 1 Thes 4:16 (want Hy, ons Meester, sal vanaf die hemel afkom met 'n bevel, met die stem van die hoof engel....)  
•    Open 12:9 Hy het Satan en sy volgelinge uit die Hemel gewerp en dit is sy werk om te sien dat hulle daar uitbly.

1 opmerking: