27 Februarie 2014

Aardsengel: Gabriël

Aardsengel Gabriel


Gabriël: “Man van God of Sterkte van God”.
Dra fyn linne klere met 'n goue gordel. Hy word simbolies uitgebeeld in 'n liggaam wat blink soos edelstene en weerligstrale, oë wat vlam, arms en voete soos koper. Maar tog ook duidelik lyk soos 'n mens. Sy stem ruis soos 'n skare mense sin en hy straal vrees met sy voorkoms uit. Deur hierdie voorstellings kan ons sien die glorieryke beeld wat God van hom skep.
Hy bring goeie en slegte boodskappe. Hy weet van elke gebed wat ons na God toe maak. En hy weet presies hoe God oor elkeen van ons voel en hy is nogsteeds besig om teen Satan en sy demone te baklei. Hy het 'n groot meester wat hom help hiermee naamlik Migael, hy is Migael se onderdaan. Hy bring visoene na mense toe, hy vertroos hulle, bring kalmte, rus, insig en sterkte. Hy bring nie net alleen visoene nie maar hy interpreteer dit ook. Hy weet wat in die toekoms gaan gebeur maar weet ook nie die einddatum nie. Gabriël se hooftaak is om ʼn boodskapper te wees wat openbarings van God vir die mens bring. In Daniel 8:15-27 maak Gabriël aan Daniël openbaar wat met Israel gaan gebeur aan die einde van die tyd as ook die tydskale in terme van die sewe, sewes of die sewentig weke van Daniël. Daarin is ook die tyd van Christus se eerste koms openbaar (Dan 9:20-27). In Luk 1:11-20 openbaar hy ook aan Sagaria die komende geboorte van Johannes die Doper en in Luk 1:26-38 openbaar hy aan Maria die komende geboorte van Jesus. Net soos Migael het Gabriël ook werk om te doen in die toekoms. In Lukas 1:19 lees ons dat Gabriël een van die engele is wat staan in die teenwoordigheid van God en in Openbaring 8:2 sien ons ook dat hy een van die sewe engele is wat staan in die teenwoordigheid van God en dit is hulle wat die trompet/basuin oordele van Openbaring 8 en 9 aankondig of uitstort op die aarde.

Die aardsengele kry 'n besondere bevoorregte posisie, in die grootste gedeelte van die Hebreeuse Bybel is engele naamloos, maar in die boek Daniël word twee van die aardsengele by die naam genoem: Migael Dan 10:13; 12:1 en Gabriël Dan 8:16; 9:21. Hulle word ook in die Nuwe Testament genoem waar God vir Gabriël na die maagd Maria stuur om vir haar te sê dat sy swanger gaan word, Luk 1:26 en in Openbaring 12:7 veg Migael en sy engele teen die draak en sy engele. Raphael word ook in die Apokriewe boeke genoem as 'n Aardsengel. Sekere bronne gee 7 Aardsengele aan naamlik: Gabriël, Migael, Raphael, Uriël, Raguel, Remiel en Sariel.

1 opmerking:

  1. Deur hierdie voorstellings kan ons sien die glorieryke beeld wat God van hom skep.

    AntwoordVee uit