01 Desember 2015

MOET CHRISTENE KERSFEES VIER



http://kirkcameron.com/happy-holidays-or-merry-christmas/
Baie gelowiges vandag glo dat Kersfees ‘n heidense of okkultiese fees is wat deur alle Christene verwerp moet word.  Baie glo dat Kersfees ‘n okkultiese dag is onder die dekmantel van ‘n Christusfees.  Waar die Christene wat aan die ander kant staan glo dat dit ‘n dag van feesviering is waar hulle Christus bedank vir Sy koms in die wêreld en hulle verwerp alles wat verbonde is aan Kersvader, Kersboom en of die uitruil van geskenke.
Is daar Bybelse steun wat gegee kan word aan Kersfees of steun wat wys dat dit verkeerd is? Dit is so, daar is sekere elemente van Kersfeestradisies wat afkomstig is van die okkulte en moet om geen omstandighede gevier word nie, maar met nadere ondersoek rakende hierdie twispunt lei die gevolgtrekking tot ‘n ander konklusie.

MAG ONS JESUS SE VERJAARSDAG VIER?
Die mees basiese argument wat teen Kersfees ingebring word, is dat dit nie ‘n fees is wat in die Bybel gevind word nie en hulle gaan ook so ver as om enige verjaarsdagviering te verwerp.  ‘n Paar antwoorde oor hierdie argument is:

  •          Die Bybel sê nêrens dat die praktyk rondom viering van verjaarsdae verkeerd is nie.

  •          So, omrede die Bybel nie verjaarsdae verbied nie en dit staan nie teen enige Bybelse beginsels nie,  dan is daar geen rede om verjaarsdae te verwerp nie en vir dieselfde rede is daar geen Bybelse rede hoekom Jesus se verjaarsdag verwerp moet word nie.

  •          Engele het hulle veheug in die geboorte van Jesus en het God vereer.


MAG ONS JESUS SE VERJAARSDAG OP DIE 25 DESEMBER VIER?
‘n Rede wat aangevoer word teen Kersfees is dat die 25 Desember nie Jesus se geboortedag was nie en dat dit inderwaarheid ‘n dag van ‘n okkultiese fees was van die Romeinse ryk in die vierde eeu.  Dit is waar, die 25ste is nie die dag van Jesus se geboorte nie maar maak hierdie feit Kersfees ongeldig? Nee, want dit is nie noodsaaklik om iemand se verjaarsdag te vier op die spesifieke dag wat hy/sy gebore is nie, dit is algemene praktyk vandag dat mense wat in die week verjaar hulle geboorte vier op naweke. Dit is die doel van die dag wat belangrik is, nie die spesifieket datum nie.
Maar wat dan van die feit dat die 25ste ‘n dag van okkultiese feeste was? Maak dit Kersfees ‘n okkultiese fees? Nee, omrede:
  •          Dit bewys dat Kersfees ingestel was as ‘n mededinger teen die bose.
  •        Eerder as om die geboorte te vier van Mithra, ‘n valse god, vier ons eerder die blydskap en geregtigheid van die geboorte van Jesus, die ware God ons verlosser.
  •          Christene het hierdie dag kom terug eis en dit gedraai in ‘n fees tot ere van Hom. Elke dag behoort aan Hom so ook die 25ste Desember. en ek stem ook saam die redes hoekom die wêreld kersfees vier is boos maar die rede hoekom Christene Kersfees vier is uitsluitlik omdat ons Jesus se koms Aarde toe wil herdenk,

6 opmerkings:

  1. Salomi met die een stem ek nie saam nie. Jesus is wel gebore in 'n koningshuis , Josef moes die konig gewees het as jy na sy geslag register kyk. Jesus sou dus die troon opvolger wees volgens die gebruike van destyds. Met die kruisiging is die liggam van Jesus (destruct) met die opstanding het Sy vleeslike liggaam verdwyn wel het Hy weer verskyn aan mense in 'n verheerlikte liggaam, daarna volg die uitstorting van die Gees wat vir my en jou 2000 jaar gelede 'n teken was dat God nou Sy woonplek op die aarde maak in ons vleeslike liggame. Om dit te bewerkstelling moet ek en jy 'n besluit neem om Hom toe te laat om in ons liggame te woon en die besluit bepaal of jy die ewige lewe gaan beerwe of nie. Dus ons leef nou op die aarde reeds in die gees rehelm die vleeslike is nie van belang nie.
    Die een rede hoekom die wereld kersfees vier is om die mensdom te mislei deur 'n ophef te maak van die vlees en ons dus in die vlees te hou en ver weg van die gees.
    Moet my nie verkeerd verstaan nie ek loof en prys die Here God vir dit wat Hy deur Jesus die Verlosser vir my en jou gedoen het sodat ons Christus in ons te laat lewe "Christ in me" Gal2:20.
    Dus vier liewer die vreugde elke dag van jou lewe dat jy nou in die Goddelike sabbatsrus in gegaan het deur Christus wat in jou woon.
    Kom ons verkondig die Christus evangelie wat deur Jesus vir ons gegee is.
    Christus is eenheid met God.
    Het God 'n verjaarsdag?

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Is jammer jy stem nie saam nie, maar dit maak nie saak watse bewyse ek gee dat Kersfees 'n Christusfees is nie, jy sal dit verwerp. Jy gee 'n goeie beskrywing waaroor Jesus se kruisiging gaan en ek stem 100% saam met jou, maar die feit bly staan as Hy nie gebore was nie sou Sy kruisiging nie kon plaasvind nie, en ek stem ook saam oor die redes hoekom die wêreld kersfees vier maar die rede hoekom Christene Kersfees vier is uitsluitlik omdat ons Jesus se koms Aarde toe wil herdenk, mense herdenk verjaarsdae so glo ek ook dat ons Koning verdien om geeer te word op 'n dag wat spesiaal vir Hom uiteengesit is, maak nie saak wie watse ander heidene gevier het nie, Kersdag is omskep in 'n Christusfees tot eer van die kindjie wat gekom het om vir ons daai vreugde en vrede te bring wat jy van praat. Dink net hoe wonderlik kan die evangelie versprei word rondom Kersfees om vir ongereddes te vertel waaroor Jesus se geboorte gaan, dis hartseer dat mense hierdie dag in iets boos en duiwels kom skep het, Satan geniet elke oomblik hiervan en Hy lag lekker om te sien hoe God se kinders nie erkenning wil gee aan Koning Jesus wat die duiwel oorwin het op Sy geboortedag nie.

      Vee uit
  2. Ek dink dis 'n absolute skande dat christene hulle nie wil vereenselwig met Jesus se geboorte nie, dis skokkende om te sien hoe hierdie dag uit verband geruk word en dat alles wat veronderstel is om oor Christus se geboorte te gaan nou in iets omskep is wat gesien word as nutteloos, boos, duiwels of onheilig. Mag God die rede van Sy geboorte in ons harte kom plaas, as die engele in die hemel fees gevier hier hieroor wat sal die rede wees dat christene vandag dit nie wil doen nie, dis regtig hartseer en belaglik om te sien waste rede aangevoer word om hierdie Christusfees te verwerp. Salomi ek stem saam dis hartseer om te sien waarheen hierdie dinge begin loop het. Plaas mense bring die rede terug van kersfees maar nou gaan hulle eerder en begin die dag verbied, regtig waar 'n hartseer tyd vir gelowiges. Is jammer ek moet anonym antwoord want daar is nie ander opsies nie ..... Nikky

    AntwoordVee uit
  3. Sjoe maar jy praat darm maar nou blantant ñ pot snert! Indien jy enigsins jou Skrif geken het sou jy geweet het Vader praat oop en bloot daarin teen kersfees. Dis nie eers nodig om dieper te soek nie. Jy gaan swaar gestraf word vir die verderf wat jy so oop en bloot versprei.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. RK, kan jy vir my die skrifgedeelte aanhaal waarin God ons verbied om verjaarsdae te vier en waar Hy Kersfees verbied. Dit sal dalk goed wees as jy Romeine 14 gaan lees voordat jy 'n medegelowige vervloek wat van jou verskil.

      Vee uit
    2. RK jy luister na dwaalleringe, miskien moet jy gaan lees hoe God voel oor feeste tot ere van Hom

      Vee uit