'n Beroemde
Noorweegse ontdekker Roald Amundsen, die eerste persoon om die Noord en Suid
Pool te ontdek het op een van sy reise ’n posduif
saam met hom geneem. Toe hy die Noordpool bereik, het hy die duif
uit sy hok vrygelaat. Verbeel jou die vreugde wat Amundsen se
vrou in Noorweë beleef het toe die duif bo haar huis sirkel en land. Sy
het geweet haar man lewe! Sy is getroos
deur die teenwoordigheid van die duif! Net so was dit toe Jesus opgevaar het na
die hemel. Hy was weg, maar die dissipels het vasgehou aan Sy belofte om vir
hulle die Heilige Gees te stuur. Ons hou vas vandag aan HOOP dat dinge beter sal word in ons land.
LUISTER na die reën wat God op jou lewe bring, moenie dat dit jou bedruk maak nie maar word eerder bewus van die vrolikheid, die vreugde, die vriendelikheid en die passie wat God wil hê jy moet uitleef om jou lewe ten volle te kan geniet, dis wat Hy vir jou ingedagte het en dis hoe Hy oor jou voel.
PROE die soetheid van God se vrug, 'n geskenk aan jou, Hy wil dat jy die vrug van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing moet toepas, sodat jy Sy oorvloedige seëninge kan beleef.
RUIK dit wat God vir jou in gedagte het, julle stap saam deur die tuin van God en geniet saam die geur van Sy Koningskap, Heerskappy en Skepping tot in einde van dae. Dis wat Hy vir jou beplan want jy behoort aan Hom.
SIEN die mooi dinge in die lewe raak, moenie altyd net die slegte raak sien nie maar sien dit raak wat God bedoel het ons moet geniet op Aarde, laat die Heilige Gees toe om die bereidwilligheid soos 'n Arend in jou los te maak.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking