28 Maart 2014

Waarskuwende Openbarings oor RSA

Indien ons land nie bekeer nie is hierdie die dinge wat ons gaan tref
1.    God gaan elke stut en steunpilaar, dit is die wat sorg vir brood en water verwyder.  Droogte sal die hele land teister geen reën sal val nie. Kos gaan min word.
2.    Ellende wag vir die wat hulle verryk ten koste van ander.  God gaan ons paaie versper en afkamp en ons planne sal nie tot uitvoering gebring kan word nie. Wat staan ons te doen wanneer die honger ons land tref? As ons, ons nie bekeer nie sal God ons maak tot iets slegs, buitelanders sal bang wees om hierheen te kom, ons mense sal verstrooi word oor die aarde en ons mense sal gebruik word as voorbeelde van vernedering, bespotting vervloeking en verkleinering.
3.    Aan die vrouens wat in leier en hoё posisies aangestel is , julle is veronderstel om wortel te skiet en goeie vrugte te dra, julle ken Jesus maar Hy is nie in julle harte nie. Julle gaan saam met die staatspresident baie bang word.
4.    God sal ‘n einde bring aan hierdie onsedelikheid. Aan die mense wat hierdie leefwyse volg, God gaan julle emosioneel laat swaar kry. Voor die dood van Nelson Mandela sal God eers Sy dienaars merk en hulle sal onder hewige druk gaan. Satan is los in ons land, maar die tyd is gereed.
5.    Aan die wat hulle skuldig maak aan wandade, hulle sal die vrug van hul eie dade pluk. God kla hulle en hul nakomeling aan.
6.    Oorlog is op hande.  Mense sal onskuldig  in tronke beland.
7.    As ons nie gehoor gee nie sal ons land verseker word soos ‘n veld vol dorings en soos verlate soutpanne. Die buitelanders sal buit maak op ons land, hulle sal instroom en ons land hulle sin maak.
8.    Die wat nie deel wil hê aan God nie sal vra hoe kan God mense behandel asof hulle visse is, asof hulle kruipende insekte sonder leiers is, julle sal kla oor die ellendes wat julle gaan tref, treur en huil, julle vrolikheid sal in rou verander en julle blydskap in droefheid. Pessiekte gaan ons land tref en baie mense sal sterf daarvan. Gelowiges sal baie moet verduur ter wille van hul geloof maar moet nie ophou om die evangelie te verkondig nie.
9.    Ons land gaan ook geteister word deur stortreёns en kragtige winde wat groot skades sal aanrig. Wie sal dit kan verstaan? Wie sal dit kan oorvertel? Hoekom gebeur al hierdie dinge in ons land, ons land sal ‘n plek word waar niemand heen wil kom nie. Ons voorouers het geloof gehad maar vir ons wag daar swaar tye van rowers wat ons land vernietig van die een kant tot die anderkant, nie mens of dier word met rus gelaat nie, daar is by alles wapens betrokke. Na Mandela se dood - Ons oeste sal niks oplewer nie. Satan sal probeer om baie mense te verlei maar in hierdie tyd van hongersnood, bedrieery en droogte sê God. Skuld sal ‘n groot kopseer word, moenie skuld maak nie.
10.    Ek het julle voorvaders voortdurend vermaan en gesê LUISTER NA MY! Julle wat in wegkruipplekke lê, agter bosse skuil en hulpelose mense in julle nette vastrek. As julle maar net weet wat Jesus vir julle alles kan doen, Hy kan julle siekes gesond maak en bose geeste uit jullle dryf, maar onheil gaan julle tref, julle sal julle huise afbreek en die stene gebruik om mure rondom julle te versterk.
11.    Julle omskep elke geleentheid in ‘n fees maar julle sal kos in ander lande gaan soek sê die Here die Almagtige. Weinig min goed sal nog oorbly in ons stede. Gelowiges hou julle kant skoon sodat niemand iets teen julle kan inbring nie.
12.    God gaan die mense wat deur Satan gebruik word om die ellendes op die land te bring nie oorsien nie. Ons gaan bewe van vrees as die onheil ons eers gaan tref. Wat maak julle? Die Here het ons nodig!
13.    Terwyl God se boodskappers sy Woord verkondig, slaap die ongelowiges lekker en bly hulle voorspoedig in hulle paleise maar eintlik moet julle huil want die dag van afrekening is naby, die wat God se voorskrifte nie nakom nie julle sal die gevolge dra van julle sonde.
14.    God is in staat om ons stede te verwoes hoekom verlang ons nie meer na Sy bepalings nie? Buitelanders is besig om ons rykdom en skatte te vat, ons eiendomme val in hulle hande omdat ons ander gode vereer en aanbid.
15.    Die hele land sal deur God se engele beskerm word, maar hulle bring ook pes en dood mee. Staan eerder op en volg Jesus! God gaan niemand verskoon of spaar nie as ons die keuse maak om God te verlaat is Hy in staat om ons almal uit te roei, om ons te verpletter, selfs vaders en kinders sal teen mekaar te staan kom.
16.    Waarom het die land te gronde gegaan? Waarom is dit verwoes? Die mense sloof hulle af net om kos op die tafel te kry maar die honger word nie stil nie. As julle maar net wil weet met watse passie God ons liefhet. Die volk sal vernietig word, ons sal slagoffers word van hongersnood en oorlog. Party mense sal geweldadig sterf en ander sal soos gevangenisse voel in vreemde lande, ons sal vertrap word deur heidennasies totdat ook die tyd daarvoor verby is.
17.    Soldate sal vreesbevange wees en baie mense sal doodgemaak word.
18.    Die plante langs ons riviere sal opdroog en wegwaai. Ons oeste sal wegdroog, alles sal verdwyn. Die einde van alles is naby. Mense sal vreesbevange word baie bang hulle knieë sal teen mekaar klap want skelms lê hinderlae om mense in die geheim te vermoor, hulle bly altyd op die uitkyk na onskuldige slagoffers.
19.    Julle sal as in plaas van kos eet, julle trane sal meng met wat julle drink. Onthou voor God kan abosluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop en weerloos voor die Een aan Wie ons verantwoording moet doen.
20.    Wees verstandig en tref voorsorg vir die onheil wat oppad is moenie oopoё soos ‘n onverstandige mens daarin vasloop nie en ‘n duur prys betaal nie. Daar kom opstand en die wie verantwoordelik is vir die opstand is baie verwaand. Christene wees gewaarsku moet nie skynheilig wees nie moenie bang wees om vir Jesus op te staan en jou sê te sê nie, as jy saam met ongelowiges is moenie bang wees om Jesus se Naam uit te leef nie.
21.    Die hele land is besig om te huil en te vergaan. Ons berge verwelk. Die vlaktes sal soos ‘n wildernis word en ons bome sal kaal staan, as ons nie luister na Jesus wat gestuur is na die afgedwaalde skape nie.
22.    Hierdie dinge wat God beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer dit sal waar word. Ons landerye en plase word vernietig, dit word kaalgestroop en weggegooi. Ons sal bewe van vrees en die benoudheid sal om ons wees. Die Here hou sy hand oor die see. Hy skud die koninkryke van die aarde. Hy beveel watter vestingstede moet vernietig word.
23.    Die nasie se rykdom sal tot as verbrand. Julle werk so hard, maar dit is alles tevergeefs.
24.    Daar sal ‘n groot stryd in ons land wees. Net by God kan ek rustig wag want van Hom kom al my hoop. Wanneer Ek Suid-Afrika oorgee aan ‘n harde, wrede leier, ‘n streng man. Hulle sal vreesloos uit hinderlae op die onskuldiges skiet. Hulle spoor mekaar aan tot bose dade; in die geheim beplan hulle lokvalle. Hulle sal dink dat niemand dit ooit raaksien nie? Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word.
25.    Groot is die Here in Sion, hoog verhewe bokant al die volke. Ek sal die mure afbrand. Ek sal julle vestings vernietig. Hy wat vir altyd deur sy grote mag regeer. Sy oё is gerig op die nasies. Laat geen bekeerde homself verhef nie.
26.    Die dag wanneer God ingryp sal die mense so swak soos vroue wees. Hulle sal wegkruip van vrees wanneer die Here die Almagtige sy vuis teen hulle optel. Dit gaan nie nou dadelik gebeur nie maar stadig maar seker sal die tyd aanbreek wanneer hierdie dinge waar sal word.
27.    God sê: “Ek verseker julle, julle land sal dit op die oordeelsdag nie maklik hê nie.” God voel so omdat ons Hom na aan die hart lê, want Hy wil he ons moet bekeer.
28.    My volk, julle word op die dorsvloer vertrap en uitgewan. Min van julle mense sal oorbly, soos die olywe wat in die boom agterbly na die oes. Die wingerde en vyebome sal vernietig word. Die bome sal kaalgestroop en weggegooi word.”sê die Here. Die toorn van God is soos blitsende pyle en ‘n blinkende spies. Iemand wat verstandig is sien wanneer die onheil kom en vermy dit.
29.    Die wat God se waarskuwings verontagsaam is soos gras wat gou sal verlep. Soos plante wat vinnig sal verdroog.
30.    Daar sal vrees onder die dapperste mense heers en mense sal doodgemaak word. Daar sal mense wees wat Jesus sal uitlewer aan bespotting

REDE VIR DIE DROOGTE (GOD HET 2 UITGEWYS 2008-20011 SIN IS REEDS VERVUL DIE 2DE EEN GLO EK IS NOU - 2015- MET ONS)
 1.    God gaan elke stut en steunpilaar, dit is die wat sorg vir brood en water verwyder.  Droogte sal die hele land teister geen reën sal val nie. Kos gaan min word.
7.    As ons nie gehoor gee nie sal ons land verseker word soos ‘n veld vol dorings en soos verlate soutpanne.
9.   Ons oeste sal niks oplewer nie. Satan sal probeer om baie mense te verlei in hierdie tyd van hongersnood, bedrieery en droogte sê God.
18.    Die plante langs ons riviere sal opdroog en wegwaai. Ons oeste sal wegdroog, alles sal verdwyn.
21.    Die hele land is besig om te huil en te vergaan. Ons berge verwelk. Die vlaktes sal soos ‘n wildernis word en ons bome sal kaal staan, as ons nie luister na Jesus wat gestuur is na die afgedwaalde skape nie.
23.    Die nasie se rykdom sal tot as verbrand. Julle werk so hard, maar dit is alles tevergeefs.
29.    Die wat God se waarskuwings verontagsaam is soos gras wat gou sal verlep. Soos plante wat vinnig sal verdroog.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking