27 Maart 2014

HOEKOM GAAN DIT MET RSA SOOS DIT GAAN

Sondes: Hoogmoedigheid, Verleiding, Openlik sonde, Geldmag, Ongeloof, Afgode
1.    Hoogmoedigheid.  Julle het hoogmoedig geword, julself verryk.  God weet dat die gelowiges gespot en verag word deur hooghartiges en hoogmoediges. Voorspoed verlei mense, en hoogmoedige mense kom nooit tot rus nie. Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Hou op kompiteer met hoogmoedigheid teen ander. Die nasie van ons ken net een wet, een trots en dit is hulle eie. Die wreedste mense bring Ek om mense se huise vir hulleself te vat. Hierdeur beёindig Ek die trotsheid van die sterkes. Hulle heiligdomme sal ontheilig word oor hul hoogmoed.
2.    Verleiding: Die land word geteister deur verleiding, misleiding, sonde, droefheid en morele duisternis. Almal het al van Jesus gehoor hoekom laat julle, julle onder kry deur Satan se verleidings en versoekings. Hoekom laat julle, julle verlei deur Satan, hy kom met baie slinkse planne en voorstelle na julle toe, hoekom staan julle nie sterk teen sy versoekings nie? Hoe kan julle so dwaas wees? Distansieer julleself van alle slegte gedrag. Van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie en van jaloesie en alle kwaadpratery.
3.    Openlik sondig: Julle sondig openlik sonder om te blik of te bloos. Die sonde van die land is enorm groot. Hoekom praat julle sonde goed? Julle kwaadpraters word verag deur ander mense en die dwase wat alewig aan die knoei is, is julle nie bewus dat dit sonde is nie? Hy het gesê dat julle, julle koppe kaal moet skeer soos julle rou oor julle sondes, dat julle klere van sak moet dra om te wys julle het berou. Die sonde sal sodanig toeneem dat baie se liefde teenoor God sal afkoel. Ons is ‘n sondige klomp, met skuld belaai. Ons is kinders van kwaaddoeners, totaal en al korrup. God sê dat Hy gedink het dat ons Hom nou na alles sal eer en sal respekteer! Na al die tugtigings en beproewings wat ons al deur is sal ons nou Sy voorskrifte met erns begin beskou sodat dit nie vir Hom nodig hoef te wees om ons stede weer te tref nie! Maar die teendeel is eintlik waar, hoe swaar Hy ons ookal tref gaan ons net met ywer voort om verkeerde praktyke te beoefen. Die Here se verder: “Die mense van Suid-Afrika het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle ooreenkoms (geloftedag) het hulle nie nagekom nie. Moenie van die waarheid afdwaal nie en bring die terug wat afdraai hiervan af.
4.    Geldmag: Julle rykdom is al wat vir julle saak maak. En die mense wat net vir geld en rykdom leef, mag God julle gebede verhoor op die dag van nood en mag God julle beskerm. Satan probeer mense verlei deur rykdom, skatte, weelde en mag.  Ek is julle Vader en julle Meester, maar waar is die eer en respek wat My toekom? Aan mans en vrouens julle is dwaas as julle net aardse rykdom versamel, en nie ‘n ryk verhouding met God het nie. Mense is onbetroubaar, jong mense draai weg van God want rykdom is aanloklik.  Julle weet dat julle skuldig is. Wee julle wat deur onreg ryk word! Julle dink dat rykdom vir julle sekuriteit sal waarborg, dat julle families buite bereik van gevaar sal wees.  Dwaasheid wat net aardse rykdom versamel, en nie ‘n ryk verhouding met God het nie.  Almal wil soos konings leef. Ellende wag vir hom wat homself ten koste van ander verryk. Begeertes na alles wat jy sien is bloot ‘n gejaag na wind.  ‘n Mens se goedheid is prysenswaardig moenie ryk word deur ‘n bedrieëry nie. Die mensdom wil altyd net beter, groter, sterker, hoër, vinniger in plaas daarvan dat hulle, hulle moet ophou met die opgestane Jesus. Die wat net geld najaag jy sê: “Ek is ryk, ek het skatryk geword en het aan niks behoefte nie.” Jy besef nie dat jy ellendig en bejammerenswaardig is nie, eintlik is jy armlastig, blind en nakend.
5.    Ongeloof: Hoekom is daar mense wees wat in ongeloof staan en nie glo hoe God siekes genees nie. Mense is ongelowig en verlaat God se wette en loop agter ander gode. Waar is julle geloof. Dit is tyd dat julle moet begin besef dat die beproewings ter wille van Jesus is. Vir die wat nie glo nie ewige vernietiging is julle uiteinde, liggaamlike behoeftes is julle god en skandelike dinge is julle trots. Al waaraan julle dink, is die lewe hier op aarde. As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel.
6.    Afgode: Waarom het die land te gronde gegaan? Omdat die land God se wette verlaat het en agter ander gode aangegaan het. Die nasie het God, die Almagtig verruil vir ander gode, gode wat nie kan help nie. Moenie afvallig word en ander gode dien nie, maar vra eerder God na sy wil. Julle sal verniet om hulp roep na julle gode en verniet offers bring aan hulle, die gode sal julle nie kan red nie.  Ongelowiges moenie luister na julle profete, besweerders, droomuitlêers, towenaars en goёlaars nie, hulle lei julle na die verkeerde gode toe.  God gee vir ons genoeg kanse om tot bekering te kom. Daar is mense wat glo dat ander gode ook reёn kan gee, Wat het gebeur met die gode? Het hulle julle kom bevry van julle ellendes? Gelowiges staan mekaar by en stuur iets om julle medegelowiges te help uit hulle nood. Angskrete sal weergalm as aanvallers skielik op julle toesak terwyl julle in julle huise is! Julle sal dinge sien wat vir julle onverstaanbaar is maar as die hele volk regtig ernstig is om na die Here terug te keer, moet julle ontslae raak van die vreemde gode en die beelde.  As julle besluit om net die Here te dien, sal Hy julle red van die onderdrukking. Daar is siek mense tussen ons maar hulle wend hulle na towenaars, voorspellers, strerrekykers en besweerders, maar hulle kan niks vir julle doen nie. God hou dit teen ons dat daar mense tussen ons woon wat afgode dien, daar is te veel mense tussen ons wat agter ander godsdienste aangaan en God is verstom oor wat julle doen. Hoe kon julle so gou julle rug op God draai? Op Hom wat julle deur Christus se goedheid na Hom toe geroep het! Julle het julle ore uitgeleen vir ‘n ander “Goeie Nuus.”  Niemand het die kennis en die begrip om te sê: “Die helfte van die hout het ek verbrand. Op die kole het ek brood gebak, ek het vleis gebraai en geëet. Hoe kan die res daarvan ‘n god wees? Moet ek dan voor ‘n stuk hout neerbuig en dit aanbid?  Daar is baie mense onder ons wat bose geeste in hulle het. God is bekommerd oor julle. God is verstom oor wat ons gedoen het. Hoe kon julle so gou julle rug op My draai? Op die Een wat julle deur goedheid geroep het!  Julle het julle ore uitgeleen vir ‘n ander .
7.    Geweld: Die goddelose skurke is voorbarig en vol van hulself, hulle vervolg hulpelose mense maar hulle sal gevang word deur die sluwe planne wat hulleself uitdink. Skurke lê op loer in wegkruipplekke, agter bosse en vang hulpelose mense en verpletter hulle. Dwase dink net aan geweld. Hulle praat net daaroor, en hoe om moeilikheid te maak. Eerlike opregte mense word vir geld verkoop en armes vir ‘n paar sandale. Die geweld van goddeloses sleur hulle mee. Hulle weier mos om te doen wat reg is.
8.    Verset: Die mense sweer teen God saam.  Verset teen God. Ons het van die Here af weggedraai.  Ons ouers het nie ag geslaan op U dade nie en het in verset gekom teen U, hulle het begin wegbeweeg van U af.   Die wêreld haat Jesus omdat Hy nie bang is om hulle aan te kla nie, Hy verklaar openlik dat hulle dade sleg is. Hy het deel van ons geword maar omdat ons Hom nie aanneem nie sal Hy ‘n ramp bring oor hulle waaraan hulle nie sal kan ontkom nie, die ongelowiges sal dan na God om hulp roep, maar Hy sal nie na hulle luister nie. Jesus vra dat ons na Hom toe moet kom, daar is so baie wie ‘n afkeur in Hom het, onderwerp jou in nederigheid voor Hom en Hy sal julle verhoog. Moenie God beproef nie, Hy weet wat Hy doen.  Daar is mense wat sê dat dit moeilik is om God te dien en dan trek julle ook nog julle neuse vir Hom op, Hy vra: “Is my erfenis dan so afstootlik soos ‘n bont roofvoёl wat ander roofvoёls aanval?
9.    Gereg: God sien die partydigheid in die regsuitsprake en dit tel teen hulle, hulle sondig openlik sonder om te blik of te bloos, ellende wag vir hierdie regslui en hulle gaan verdien wat na hulle kant toe kom. Ellende wag vir die wat hulle huise met onreg bou, wat die reg minag, wat mense sonder betaling laat werk.  Regverdiges spits julle toe op regte van die armes want die goddelose mense het geen begrip daarvoor nie.  Moenie die hulpeloses in hofsake tekort doen nie. Die Here sê: “Die mense van Suid- Afrika het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle het die reg verdraai. In die plek waar reg moet wees, is daar onreg. In die plek waar daar geregtigheid moes wees, is daar boosheid. God se volk word op die dorvloer vertrap en uitgewan. Daar waar ons woon, is die troon van Satan.
10.    Valse Christene: Daar’s mense onder ons wat voorgee dat hulle christene is en dit nie is nie, hulle word deur Satan mislei. Almal het afgedwaal selfs die christene hou hulle op met verkeerde dinge. Seuns en dogters, dit is nie vir God aanneemlik wat julle doen nie. Daar is christene onder julle wat dinge vertel wat nie strook met die waarheid nie, hoe kan jy wat ‘n christen is, ander dwing om hierdie valse verkondigings te glo en dan te leef in Christus? Daarom sê ek met God se gesag. Moenie langer soos nie-Christene lewe nie. Baie vals profete en messiasse wat tekens en wonders doen en christene mislei. Gelowiges moenie dink jy is beter as ander omdat jy die dinge van die Gees verstaan nie! Moenie so selfvoldaan wees nie! God het klaar besluit. Niemand sal oorgesien word nie.  Christene, julle bring onrein goed na Sy altaar en bied dit as offers aan en verwag dat Hy tevrede moet wees met dit wat julle bring.
11.    Valse Leerstellings: Kerke moet die waarheid aan die mense verkondig. God het sy wysheid deur die kerk bekend laat word, raak betrokke by ‘n kerk. Geesdrif sonder kennis help niks nie. Daar is soveel onder ons wat mag kry van die prins van die bose en wat ook bose geeste uitdryf  wees versigtig vir hierdie dwaalleer en pasop vir die wat ywerig werk saam met christene wat nie goeie bedoelings het nie hulle wil net gesien word. Daar is baie vals profete en messiasse wat tekens en wonders doen en selfs christene so mislei. God se profete tree roekeloos en troueloos op, leraars is nie toegewyd aan die voorskrifte van God nie, hulle ontheilig sy Woord en doen die wet van die Here geweld aan. Van die profete is verwaande leuenaars wat net hulle eie voordeel soek en sommige predikante en pastore verontreinig die kerk en oortree God se voorskifte . Vir baie mense gaan dit net oor die uiterlike dinge, soos om gedoop te word, ouers wat hulle kinders doop maar nie verder God se voorskifte navolg nie of mense laat hulle grootdoop want hulle wil die regte indruk maak, mense trou in die kerk sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg word nie en het dan nooit weer ‘n verhouding met Hom nie, maar die Here sorg vir die wat reg doen en Hy luister na hulle gebede. Daar rus ‘n vloek op die bedrieёrs wat beloof om te gee vir God, (goedere, geskenke, tiendes) en dan is dit stukkend of waardeloos.
12.    Minag: Jesus word deur julle afkeur.  Wat het geword van die mense wat die boodskap van God uitgedra het?  Daar word met groot hartseer gesê daar is baie wie se lewe wys dat hulle vyande van die kruis van Christus is. Mense is bang om openlik oor Hom te praat uit vrees vir ander mense. Julle optrede vind Ek nie gepas in My teenwoordigheid nie. Onthou dat Jesus baie groter erkenning verdien as enige iemand op aarde.  Ons het Suid-Afrika se Heilige Een geminag en ons self van sy hulp afgesny. 
13.    Ongehoorsaamheid. God het gepraat, maar wie luister, Hy het geroep, maar wie antwoord Hom. Sondae word keer op keer verkondig dat Jesus die Seun van God is, begin dit glo, begin leef daarvolgens, beywer jou daarvoor dat jy saam met Hom in daardie rus kan ingaan. En moenie die ongelowiges se voorbeeld volg van ongehoorsaamheid en saam met hulle omkom nie.  Vervloek is elkeen wat ongehoorsaam is aan die bepalings van God se verbond. Ongehoorsaamheid vernietig die sondaar en die land. Gehoorsaam God as Hy praat en opdragte gee. Volg eerder die pad van God se gebooie, sodat Hy ons begrip kan verbreed.
14.    Vertroue: Dit is so maklik om op die uiterlike dinge te vertrou, waar’s julle vertroue hoekom slaan julle op vlug? Het Ek nie julle voorouers gered en opgetel omdata almal op Hom vertrou het nie? Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos.
15.    Moord: Die land is vol moord die stede verdraai die reg. Julle dink Ek sien nie die dinge raak nie. Vervloek is die wie hulle broers se bloed op hulle hande het, julle word deur God verban van die grond waarop hierdie bloed geval het. Julle wat mense aanval en onskuldige mense doodmaak.  Hoekom is daar mense onder ons wat onskuldige mense ontvoer en uitlewer aan hulle genade of doodmaak?
16.    Wetties: Ons is besig om weer terug te val in wettiese gebruike. God is bly oor die mense wat die hele tyd aan Hom dink maar dan is daar mense wat ander wil dwing om wette (sakramente) te gebruik, vir hulle gaan dit net om uiterlike dinge om die regte indruk te maak sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg sal word nie. Die Here spreek julle aan. Dis bekend dat gelowiges onder mekaar ligsinnig optree en mekaar spot oor sienswyses, julle tree hovaardig en aanmatigend op.  Julle optrede ken geen perke nie. (Die gebooie wat op die Christelike lewe vandag betrekking het, is op ‘n hoër vlak as die OT wette, omdat dit die eerbiediging van die beginsels van goddelike liefde vereis, eerder as die wettiese navolging van sekere gedragspatrone. Ongelukkig is daar Christene wat nie hierdie oorgang na die nuwe bedeling wil maak nie en wat terugval  om die wette te onderhou en verstaan hulle nie dat ons nie onder die wet is nie, maar onder God se genade, en dat “Christus die einde is van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo” (Rom. 6:14; 10:4)Die oningeligte Christene wil terug beweeg na die OT wette, omdat dit volgens hulle die samevatting van God se opdragte is. Hulle gaan selfs verder en eerbiedig ook seremoniële wette soos die OT sabbat en Joodse feeste, ten spyte daarvan dat hierdie feeste almal in Christus vervul is en dus in die huidige bedeling uitgedien geraak het (Kol. 2:16-17; Gal. 4:9-11) Alle verwysings na die gebooie van God in die Nuwe Testament vloei slegs uit een basiese gebod voort, en dit is om mekaar lief te hê  - 1 Tim. 1:5-11).
17.    Mag: Die nasie jaag net mag na, maar dit sal nag word vir hierdie maghebbers. Satan verlei die mense met magsbehebheid maar as ons vir God luister sal ons met rus gelaat word. Hulle is magshonger met monde wat groot oop is soos die dood. Niemand kom tot besinning en dink ‘n bietjie nie.
18.    Kwaaddoeners: Die wat daarop uit is om kwaad te doen, julle wat rebellie tussen mense veroosaak, julle sal nie oor die hoof gesien word nie. Daar is te veel moeilikheidmakers wat na kwaadwillige woorde luister en te veel leuenaars wat aandag gee aan bedrieglike idees. Die kwaad wat ons aan ander doen sal na ons self gedraai word. Daar is mense wat net aan geweld dink. Hulle praat net daaroor, en hoe om moeilikheid te maak.
19.    Oordeel:  Hoekom sien julle net die slegte in ander mense raak, begin eerder om die slegte dinge in jouself te soek.  Om voorspoed in die stad te beleef moet ons dit opreg prys en seën, daar is te veel goddeloses wat die stad verdoem deur hulle woorde. Moenie bly wees oor jou vyande se struikel en val nie moenie jou hieroor verheug nie. Waarom laat U my die onreg en die ellende om my sien? Waar ek ook al kyk, sien ek vernietiging en geweld. Ek is omring deur mense wat daarvan hou om te stry en te baklei.   Die wie God se kinders verkleineer en beledig is verwaand en hulle sal kry wat hulle toekom. Sê die magtige Here. Ek is ontsteld oor die goddeloses wat My gebooie verwerp want die wat heilig wil lewe en dikwels vas, sê julle is van die duiwel besete. Julle maak ‘n bespotting van leiers en lag regeerders uit, al die vestings minag julle, alles minag julle.
20.    Seksueel: Stede en dorpe julle pleeg seksuele sondes en loop agter liggaamlike begeertes aan julle word gewaarsku. Daar is hoere op ons strate en op die stede se pleine, by elke hoek staan hulle en loer rond. Die mooi en sedelose vrou, is die oorsaak van ons ellendes, sy wat guns wen met haar betowering, wat ons volk verslaaf met haar onsedelikheid en families met haar toorkuns.  Ons volg hulle onsedelike bedrywe na. Maar wees gewaarsku teen die geheimsinnige vrou: “Die groot hoer van babilon, die moeder van die ontugtiges en haar losbandighede op die aarde. Wyse kinders maak hulle ouers gelukkig maar die een wat hom ophou met prostitute is ‘n dwaas wat sy geld mors, jy bring ‘n skande op jou ouers. Die onsedelike vrou het pers en bloedrooi klere aan en is getooi met goud, kosbare stene en pêrels. In haar hand het sy ‘n goue beker gevul met vieslikhede en die onrein dinge van haar ontugtigheid.
21.    Plesier: God is kwaad oor wat die mense in stede aanvang. Dink bietjie aan die woorde wat die Here gesê het: Maar daar is teveel mense wat net agter plesier alleen aanloop, dronk partytjies,  julle sal arm word en die wie al hulle geld net uitgee op wyn en lekker kos, sal nooit ryk word nie. Julle wil net te doen hê met kos en drank en dinge wat net die uiterlike raak.
Sondes: Geweld, Verset teen God, Gereg, Valse Christene, Valse leerstellings, Minagting van God

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking