07 Maart 2014

Bestaan baba tipe engele


Kind engele
Een van die dinge wat ons geleer word in die kerk is juis dat engele nie klein babatjies is nie, daar word baie klem gelê op die grootsheid en magtigheid van engele en om hierdie rede kan daar nie na engele verwys word as klein baba figuurtjies nie.
Sommige mense glo dat die “gier” om engele uit te beeld in hierdie vorm begin het in die Renaissance tydperk en dit is hulle wat vandag,verkeerdelik, Gerubs genoem word. 
Maar my vraag is:  Hoekom is daar dan getuienisse van gelowiges wat engele sien as klein mensies met vlerke. As God engele kan maak wat kilometers hoog staan hoekom kan Hy nie ook engele maak wat so groot is soos kinders nie? 

Ek het wel op ‘n webwerf afgekom wat hierdie engele ’n naam gee, “Virtues” Ek haal aan: “At times, Virtues may appear as young, winged children” http://www.angel-ology.com/The_Virtues_Choir.html

"The ministering angels I have seen look just like human beings, as I said before. The worships angels look like a broad variety of people, men, women, boys and girls, even some that look like small children. http://www.angelsonassignment.org/sequel/more_angels.html

Die openbaring wat God vir my gebring het rondom hierdie engele is dat hulle omtrent die grootte is van ±4 jarige kinders met donker krul koppe. Wanneer engele kaal uitgebeeld word of as babas moet dit bevraagteken word, sien die openbaring wat ek ontvang het oor hierdie engele onder opskrif Kinder grootte engele.

Hier is 'n illustrasie wat ek gemaak het dat mense kan sien God maak alles van klein na groot en so ook is Sy engele geskape klein tot enorme groot wesens. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking