04 Januarie 2015

Profetiese mantels


Wat is die betekenis van die mantel en hoekom word dit geassosieer met die profetiese gawe?
  • Bybelse Profete het harige mantels en leer gordels gedra. Ons lees in 2 Konings 1:8 dat Elia ’n harige mantel gedra het toe hy vir die boodskappers van Ahasia geprofeteer het.(NLV is nie korrek deur te vertaal dat Elia harig was nie).
  • Dit was ook die drag van Johannes die Doper, Matteus 3:4.
  • Sag 13: 4 Daardie dag sal elke profeet in die verleentheid wees met die gesigte wat hy as profeet sien, en hy sal nie meer harige profeteklere (pels mantels) aantrek om met sy bedrog aan te gaan nie.

Profete en konings het pels mantels gedra om hulle van die gewone mense uit te ken.  Die pels was ‘n teken van outoriteit en totale toewyding aan die Here. ‘n Teken van spesiale aanstelling deur God en was as ‘n uitkenningsdrag gedra soos wat hooggeplaastes, konings of regters dra en soos gradueerde studente vandag sal omhang wanneer hulle ‘n graad ontvang.



Nogsteeds is die gebruik daar om iemand wat ‘n eervolle posisie beklee met ‘n toga of mantel te klee of wanneer ‘n spesiale geleentheid of viering gehou word die gerespekteerde persone in mantels te tooi.

Die krag van die mantel: Om terug te kom na die Bybelse gebruik van mantels lees ons in 1 Kon 19:19 hoe Elia sy mantel oor Elisa gegooi het en daardeur hom uit genooi het om hom te dien en om ‘n leerling te word tot die amp van profeet.  Elisa hoef glad nie te gewonder het wat die taak was wat van hom verwag word nie want almal het in daardie tyd die betekenis van die mantel verstaan en die boodskap is duidelik na Elisa oorgedra. So het die mantel sinoniem geword met die roeping en belangrikheid van profesie en word daar nogsteeds in sommige kerke vandag van die gebruik van die mantel gemaak. Elia het sy kennis en gawe oorgedra na Elisa omdat hy geweet het dat dit die persoon is wat hom moet opvolg. Die Geestelike mentor het die platvorm kom stel vir die een wat volg.

2 Kon 2: 13-14 Hy het die mantel wat van Elia afgeval het, opgetel en weer op die wal van die Jordaan gaan staan.  Hy het met hierdie mantel wat van Elia afgeval het, op die water geslaan en gesê: “Waar is die Here die God van Elia? Waar is Hy?


“The great cloud of witnesses are standing on the brim of heaven, watching and waiting to see what we will do with their mantles.  When they finally welcome us to the Victor’s Circle, they will be saying,”I never knew that mantle was capable of so much!”  Steve Thompson.                                                                           

  • Baie vroeg in die ontvangs van my profetiese gawe het God in die Gees ‘n spierwit mantel om my skouers kom hang, op daardie stadium was dit vir my ‘n kledingstuk waarmee Hy my bederf het en het ek toe nie die waarde van die mantel begryp nie maar soos die tyd aangestap het en ek ander kleure mantels ontvang het, het ek begin besef dat hier iets veel meer aan die betekenis van die mantel is as wat ek gedink het. Mag God ons help om eer te bring aan die wat ons voorgegaan het om hulle Profetiese potensiaal waarmee hulle ons toevertrou het, te ontgin en oor te dra na die wat volg. Mag ons nederig die posisies beklee om hierdie mantels met waarde en eerbied te kan dra.

  • God het vyf van die kleure uitgelig wat ek graag hier onder meer oor te kenne wil gee. Hier volg die kleur mantels wat God in die Gees omhang met hul redes hoekom ons dit ontvang, natuurlik het hierdie kleure ook in die okkultiese wêreld ander betekenisse wat hulle verdraai en gebruik vir hul eie gewin maar ons gaan nie daarop fokus nie.

WIT: Verteenwoordig opstanding en helderheid, dis die kleur van Jesus se kleed, skoonheid, waarheid, onskuld.  Heiligheid is soos die duif van die Heilige Gees. Wit staan vir lig, lewe en skeppingskrag.  Wit is die kleur van die mantel vir die mense wat kies om gewas te word in die bloed van Jesus. 

BLOU: Is die kleur van vrede en geregtigheid: Vrede met God en Sy oordeel, vrede met jouself en met ander. ‘n Vredemaker wat baklei vir God se geregtigheid teen ander deur liefde. Blou is die skakel na God se Troonkamer. Moses het saam God op die berg gestap en alles het in Safier verander (blou van kleur) Eks 24:10. Die Heilige Gees nooi ons uit om dieper in te stap oor die blou voetdruk van God. Blou is die rivier van vrede met God se wette, Sy oordeel en Sy geregtigheid. Blou is die kleur band wat Jesus dra oor Sy skouer as ons vredemaker, ons Regter. Dit gee ons die wil om God se wil uit te leef, as jy ooit Jesus sien met hierdie blou band beteken dit dat Hy vrede na jou toe bring.   Dis ‘n kleur wat God ons na Sy vrede toe aantrek of dit dui op 'n spesiale oomblik waar God jou inneem op 'n reis saam Hom, 'n reis saam met 'n edellike - want blou simboliseer reeds edelheid.

ROOI: Staan vir die bloed van Jesus wat gevloei het, genesing, bevryding en redding. Dit is die kleur van die Vuur van die Heilige Gees wat ons reinig en heilig. Met die rooi van Sy bloed maak Hy ons gewillig om in staat te wees om te dra wat Hy beskik vir ons.  Dit maak ons betroubaar en verwyder die sonde, letsels, siekte, onvergewensgesindheid, leuens, misleiding, skaamte en laat ons van die bose magte ontslae raak en spoel alles skoon met God se vrede (sien Blou) om alles te vervang volgens Sy bepalings. Rooi is die kleur van God se Genade en vergifnis. Dit is ‘n vurige kleur lig wat lig gee en ons lei na die kruis van Christus. Dit gee ons die krag om te sterf aan ons self om in die lewe van Jesus Christus in te kom sodat ons ander in hierdie wêreld kan lei. Dit is die vuurkleur wat ons krag sal gee om ons lig behoorlik te laat skyn as ligdraers van God. Dit is die vuurkleur wat ons die wierook sal laat brand vir God om Sy geure vry te laat. Dit is die kleur wat ons, ons daaglikse manna sal gee as ons, onsself sal toelaat om toe te gee aan die vereistes van God se bepalings.  Rooi bring krag van Bo om ons geestelike liggaam krag te gee om te funksioneer. Rooi wakker ons aan tot aksie en voorsien ons die krag om die Wil van Vader uit te leef. Rooi is die kleur van volwasse priesterskap: Die ervare geestesleiers wat die bonatuurlike wêreld se geheime ken en die krag het om opofferings te doen.

PERS: Standvastigheid en liefde ‘n kleur van konings, Hooggeplaastes: Krag van Owerheid: Ontvang onderskeiding om die giftigheid van mense te verwyder en die Hemelse voorsiening te plant. Dit is die kleur van verlossing en om meedeling te bedien. Diegene wat in pers omvou word het die mag om die onsuiwerhede van die suiwer te onderskei. Goeie onderskeidingsvermoë.  Hulle is gevul met wysheid om alle onsuiwerhede te verwyder met liefde en dit te vervang met salwings, roepinge, vryheid om te groei, leer, woorde van kennis en wysheid, profesieë, ens.  Hierdie mense is in staat om die hemel van God se hart te trek en te pomp in die harte van die op aarde. Hierdie mense dra hul rol van die ambassadeur van die Koninkryk van God. Hulle is so in eenheid met die Here dat hulle verby die behoefte van ‘n persoon kan sien na die plek waar God die persoon volmaak wil genees nog voor dit gebeur. Die mense in pers sien reeds die einde van die begin af. Hulle sien met oë van die HERE, hulle is in staat om die vuil weg te spoel op liefdevolle maniere. Pers in die liggaam is waar die kapillêre verbinding van are met ander are byeenkom. Die blou are neem uit die gifstowwe en vuilheid, en die rooi are bring in die suurstof en voedingstowwe. Die plek waar die uitruil plaasvind is pers !!! Hierdie mense is pilare (are) van die Tempel: ambassadeurs vir Christus, so een met Hom in alles wat hulle doen. Hierdie kleur is die kleur van die eenheid van die Rooi Genade en Blou vrede met God se geregtigheid. Dit is die kleur van die bruid van Christus wat haar plek inneem as die Royal QUEEN.

GROEN: Kombinasie van blou (vrede) en geel (grace – ‘n goeie Afrikaanse woord ontbreek hier).  Groen staan vir vrugbare eenheid met Jesus.  Die groen weivelde waar die Herder Sy skape heen lei. Groen is die kleur van Godellike  finansies, die voorsiening om God se wense en begeertes te finansier. Groen is wat gebeur wanneer ons tuinmaak met Hom in ons harte. Groen is wat gebeur wanneer God se (Geel) Grace op ons (Blou) vrede saamkom in afwisseling en inburger in ons lewens om Sy krag en vermoë te laat vrug dra na Sy Aardse Koninkryk. Groen is liefde, vreugde, vrede, geduld, sagmoedigheid, goedheid, getrouheid en selfbeheersing en om blomme te oes en groen blare wat genesing vir die nasie bring Rev 22:2

Vir meer inligting oor ander kleure mantels kan hierdie skakel gevolg word Carol Nemitz - collection of prophetic meanings of colors


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking