14 Maart 2014

Engele met rooi oë

Sommige engele het rooi oe 
 ENGELE MET ROOI Oë


Regs van my is ‘n sirkelvormige, wit marmer blok, omtrent ‘n rugbyveld grootte, ± 1 meter hoog. In die middel hiervan staan God se troon en in ‘n halfmaan om hierdie troon op die rand van die struktuur staan engele.  Hulle het elkeen ‘n goue borsharnas aan met ‘n swaard in hulle hande waarvan die punt van die swaard op die marmer vloer voor hulle rus.  Ek staan stip en kyk na die een naaste aan my, as ek in sy oë kyk sien ek dat dit rooi gloei.  Vir ‘n oomblik beleef ek myself deur sy oë, alles is rooi waarna hulle kyk, soos laserstrale, kry amper die gevoel is soos wat diere met nagsig kan sien, vir my wys dit net dat daar geen plek is wat hulle nie kan deurkyk nie, geen vorm, beeld of materie is vir hulle ondeursigtig nie en hierdie unieke oë is ook gemaak sodat hulle God se onvoorsienigheid (vir die mens) sowel as voorsienigheid van God (dit wat in die toekoms lê) kan bepaal. 
Daniël het ook een van hierdie engele gesien in Dan 10:6 Sy lyf was soos mooi klip, sy gesig was soos weerlig en sy oë was soos vlamme vuur....

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking