15 Februarie 2021

Positiewe denke

Een ding wat Satan 'n houvas op kan kry is jou gedagtes, om positief te bly deur siekte en pyn, om trots te staan in 'n nederlaag of om fokus te hou in finansiële of enige krisis kan vir 'n Christen 'n groot uitdaging wees.  

Dis wanneer depressie, stilstuipe of stres ons lewe begin oorneem.  Jy sukkel om beter te word, jy kan nie uit die gat uitkom nie want jou gedagtes maal oor en oor om dieselfde goed. Die hoekom en waarom vrae aan God hou nie op nie.

Die antwoord is in die Bybel en die uitkoms is in God:

  • 1 Tess 5:16 Wees altyd bly....... kan nie moeilik wees nie - Sodra jou gedagtes die negatiewe dink, dink aan iets wat jou bly maak.
  • Spr 24:10 As jou knieë knak in krisistye is jou krag min. - Dis presies waar Satan jou wil hê, op jou knieë, gee hom bloedneus met jou krag wat van die Heilige Gees kom.
  • Spr 17:22 'n Vrolike mens is soos goeie medisyne - Dis wat jou liggaam nodig het, vrolikheid, sit musiek op, nooi vriende oor, wees gesellig en geniet jou lewe, die uitdagings en beproewings sal jou nie onder kry nie.
  • Fil 4:8 Vul jou gedagtes met waarheid, eerbaarheid, skoonheid, suiwerheid, lieflike gedagtes vol lof aan God en leef dit uit sodat God by jou kan wees.
Positiwiteit verander jou lewe, moenie dat Satan jou menswees weg vat en jou depressief of stresvol maak nie, jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee Fil 4:13


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking