21 September 2020

Eindtyd Mensehandel

Openbaring 18 praat van die hoer van Babilon. Hier word 'n paar dinge genoem van hoe die wêreld gaan word voor Christus se terugkeer.  Nasies sal dronk word van dwelmmisbruik, van seksuele wanpraktyke.  Die leiers en hooggeplaasde mense sal deel wees hiervan met ongehoorde seksuele verhoudings.  En dan kom God hierdie hoer oordeel

Seksuele wanpraktyke gaan handuitruk en die leiers van die aarde wat deel was van hierdie seksuele plesier gaan in verbittering en skok staan.  

Maar tog wil dit voorkom asof die oordeel wat oor hierdie mense gaan kom vir God se kinders vertroosting gaan bring, ons bid sonder ophou dat God vir ons 'n Eden op Aarde moet gee maar helaas lyk dit asof die eindtye net die teenoorgestelde gaan wees.  Maar met God wat ingryp sal hierdie slegte aanhangers van die wêreld huil en rou oor die hoer wat tot 'n val gekom het, die weelde en geld wat vir hulle skatryk gemaak het gaan opdroog en SELFS DIE HANDEL VAN MENSE GAAN OPHOU Openbaring 18:13.  Selfs met mense word gesmous maar God se oordeel gaan hierdie seksuele monsters tot 'n val bring.  Gelowiges wat aan God gewy is, God sal die oordeel wat ons oor hierdie praktyke uitgespreek het volbring. 

Die aanloop na die einde gaan moeilik wees, sondaars en ongelowiges gaan die oorhand kry.  Raad wat Openbaring 18:4 gee is trek weg van hierdie mense en sondes af, sodat jy nie ook die oordeel of straf ontvang wat God oor hulle gaan bring nie,  "Mind your own business" en leef alleen in die teenwoordigheid van God iewers waar jy vrede sal beleef of wees saam met gelowiges wat heilig voor God wil leef.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking